Seuntjie (6) kritiek ná motor hom voor skool tref

Argieffoto

’n Seuntjie (6) is kritiek ná ’n sportnutsvoertuig hom buite sy skool raakgery het.

Russel Meiring, woordvoerder van  ER24, het gesê die voorval het omstreeks 14:25 Dinsdag in Van Riebeeckstraat in Vereeniging plaasgevind.

“Die paramedici het die seuntjie aangetref waar hy aan die kant van die pad lê. Talle mense het rondom hom gestaan. Hy het verskeie ernstige beserings opgedoen,” het Meiring verduidelik.

Daar is pynmedikasie vir die seuntjie toegedien voor hy na die Mediclinic in Vereeniging gehaas is vir dringende verdere behandeling.

Die bestuurder van die sportnutsvoertuig het nie seergekry nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Michael ·

Die spoed by en om skole in PTA is 40 km/h is dit nie die geval in Vereeniging nie?

Chris ·

Daar is nognie bepaal dat die oorsaak van die ongeluk spoed is nie. Die oorsaak word nog ondersoek.

Melissa ·

Dit gaan my verstand te bowe dat mense nogsteeds vinnig ry by skole. Maak nie saak wat die limiet is nie. Ek hoop hy herstel 100%.

Boesman ·

Het jy al gesien hoe lyk iemand wat teen 40 km/h getref is…………..????

Al tref jy iemand teen 20km/h gaan hy baie seerkry !!

Ook ek ·

Ook ek gaan spoed hieraan koppel. Daar is ‘n gesegde wat lui: “A child is as wide as the road”. Dit geld veral by skole en parkeergebiede waar daar sommer dwars oor parkerings gery word met uitermatige spoed.
Opvallend dat, soos met taxis, is sport(s)nutsvoertuie deesdae nogal gereeld in ongelukke betrokke.

Lizelda ·

Ek kan jou verseker Michael dat al id spoedgrense by Pta skole 40 km/h dit nie ten alle tye gehandhaaf word nie. Daar is al verskeie kinders in Pta Oos raakgery oor ouers nie gehoor gee aan d reel nie. My eie seun het al Jacqueline str oorgesteek terwyl n vrou oor n rooi robot gejaag het en my kind amper doodgery is.

Adri ·

Boesman, die verskil is net dat die bestuurder se reaksietyd vinniger as hy stadiger ry. Hy kan dan betyds stop of uitswaai en dan hoef die kind nie “getref” te word nie.

Audrette ·

Michael dit is by alle skole so maar jy kry die ouers wat dink hulle mag ry soos hulle wil, stop waar hulle wil oh en moenie die ouers vergeet met hulle 4×4 karre wat sommer op mense pavements klim om te kan stop nie etc, ekt n paar keer al gewens metro kan n week veldtog hou by skole in die middae om ouers te fine wat die wet oor tree en kinders in gevaar stel voor die skole, jy moet eendag net n middag daar gaan sit en sien wat aan gaan, ek se jou dit is verbaasend want daar is n hele paar ouers wat net nie worry nie!

Theresa ·

Goeie plan vir Metro. Lekker bonusse so verdien met maklike boetes skryf. Metro kan in een maand nogal baie in op dié manier. En bonus aan die samelewing = ouers raak weer wetsgehoorsaam wat padreëls by ‘n skool aanbetref.

Karen ·

Ek het al probeer om die verkeer/Metro by ons skool te laat sit. Niemand het egter enige iets gedoen nie. Dit is nou maar so dat ouers oor die algemeen dink verkeersreëls geld nie vir kinders op en af laai by skole nie. Ek sien minstens 3 keer per week selfs mense wat reg bo op die voet oorgan stop om hulle kinders af te laai, maak nie saak dat die skolierpatrollie daar staan nie, dies kan maar wag. Ja, alle klim die “pavement”, en nie net 4×4’s nie, gewone karre ook. Moet nie vergeet stopstrate is opsioneel nie, en al wag iemand geduldig en wag vir ‘n kar om uit ‘n parkeer gaatjie te trek, as jy vinnige genoeg van die teenoorgestelde kant af kom, kan jy sommer mos maar gou-gou daar inskiet. Dit is ‘n nagmerrie vir ons wetsgehoorsame ouers om die daaglikse “run” te doen, en om eerlik te wees, ek is baie verbaas daar is nog nie ernstige beserings of ongelukke buite ons skool gewees agv hiervan nie. As ek moet skat, sal ek sê 75-80% verontagsaam die reëls. Dan moet ek egter ook bysê, dis nie net vir motoriste nie, dis ook ouers wat hulle kinders 5m van die voetoorgang, oor die pad laat hardloop, ongeag verkeer, wat hulle kinders al van klein af leer om verkeersreëls te verontagsaam. As ouer wag ek ook vir die skolierpatrollie, stap saam met die kinders deur, soos dit hoort, skool en kar toe.

Asjas ·

Dit gaan ook nie werk nie, jammer. Ons het dit probeer, Metro sit gereeld buite die skool en hou verkeer dop. Die oomblik wat hulle nie daar is nie jaag mense weer oor die 4-Rigting stop teen 100km/h reg by die skool se Hoofhek verby. Ignoreer al die pad en waarskuwingstekens. Pad reels geld blyk baar NET wanneer jy ‘n beampte kan sien …

Theresa ·

Hoop die kind herstel volkome. HALLOOOOO! Minimum ouers steur hul aan spoedbeperkings, vaste lyne, sypaadjies en bewegende mense by ‘n skool en om ‘n skool. Talle voorbeelde van argwaan en arrogansie daagliks. Geen respek vir enige reël nie en maak ‘n geslag reëlbrekers groot (want wat die kinders heeltyd sien, doen hul later). Hartseer, nie waar nie? Kinder oppasplek om die hoek – sien ek daagliks hoe die mammies op die sypad ry en die pad versper met argelose parkering sodat ander nie kan sien wat aankom nie.

Good old days ·

Dit is OPVALLEND dat daar soos “IN DIE OU DAE” wat almal vandag afmaak as belaglik nie ‘n skolierpatrollie meer voor skole is om te verseker die kinders kom VEILIG oor die straat nie. Ek gee nie om wat julle oor die ou dae se nie, maar kinders was veiliger. Dis seker nou nie meer ‘cool’ of ‘polities korrek’ genoeg om ‘n skolierpatrollie aan te stel nie, dalk ‘offend’ jy een of ander kultuur of geloofsgroep of perk jy leerders se REGTE in om te doen wat hulle wil! Ouers is VREK ongeskik, toe my kind in die skool was het die groot voertuie net agteruit gery sonder om te kyk, hulle het tot teenaand die heinings gestop dat die kinders nie voor om die karre kan loop nie, maar agterom moet loop waar mense hulle nie kan sien uit die hoe voertuie uit nie, so EERSTENS ouers ongeskik en ongeduldig en tweedens BRING maar weer die skolierpatrollies terug, nie ALLES wat in die goeie ou dae gedoen is was so SIMPEL nie.

Uvonka ·

Stem 100% saam met jou! Ek was altyd kaptein van die skolierpatrollie en dit was die beste, veiligste manier om sulke onnodige ongelukke te voorkom.

janneman ·

Daar is nog steeds skole wat skolier patrollies gebruik, het al in Wierdapark en Eldoraigne gesien. Dit bly die veiligste manier, veral vir laerskool kinders om n pad te kruis rondom die skole.

Sasol ·

As ons ouers nie op die sy paadjie mag stop nie as daar nie plek is nie moet ons in die straat staan en wag?watse penarie gaan dit veroorsaak?

Theresa ·

Dorpsbeplanners bepaal verkering. maak kapsie. Sypad is vir ‘n mens om veilig op te mag loop. Nie vir parkeerdoeleindes nie.

Asjas ·

Jy is seker ook een van daai wat elke middag voor my huis op die sypaadjie kom staan. Gras is al mors dood dankie. Ek mag ook nie sekere tye van die dag huis toe gaan nie want ek mag nie by my eie hek in of uitkom nie. Mense wil ook nie by my kom kuier nie want nadat jy lekker dwars parkeer het met jou piepklein karretjie is daar nie plek vir nog iemand langs jou nie.

Ek sê net ·

Almal is vinnig om die bestuurder te kritiseer. ‘n kind het al voor my voertuig ingehardloop in die pad, gelukkig het ek hom nie gestamp nie. Ek het nie die kind gesien nie, want hy het tussen 2 busse deur gehardloop wat parkeer was langs nie pad. So nee – dit is nie altyd die mense wat “jaag” verby die skole nie, die kinders moet ook behoorlik opgevoed word mbt pad reëls. Dis chaos by die skole as die ouers die kinders kom optel/aflaai, die ouers is baie onbedagsaam en dit klink lelik maar kan nie logies dink as dit by die parkering kom nie.

Linette ·

@Ek sê net – en dit is dáárom dat jy met die verkryging van jou bestuurslisensie (dit is nou, as jy dit wettiglik verkry en nie koop nie) dat jy geleer word om te OBSERVEER en bewus te wees van die moontlikheid dat iemand tussen of agter twee voertuie kan uitkom en reg oor die pad, voor jou voertuig in te beweeg. Miskien sal dit goed wees as alle skole kan maak soos een van ons plaaslike skole in my dorp – kinders mág nie in die straat opgelaai word nie – ouers moet by sportterrein se parkering inry, parkeer en daar wag vir die kinders. Met die uitkom-slag is daar ‘n verkeersbeampte op punt-diens, wat die vloei van verkeer reguleer.

Tanya ·

Maak nie saak waar ek ry nie, as daar kinders in/om/naby die pad is gaan ek in “slakkie mode” in. Kinders is onvoorspelbaar en jy as bestuurder van ‘n motor moet vir jouself en die kind dink. Hoop die seuntjie herstel gou.

Paul ·

I am sorry that the kid was injured and I pray that he recover completely.
I live in Vereeniging and you will be surprise to see how reckless the kids are at that specific school. There is a robot where the kids should cross, the children don’t care if the light is red or green and they cross the road as if they are the only user of the road.
Parents please educate your children to act responsible and obey the road rules!!
Red means STOP Wait and OBSERVE!!!
Don’t walk halfway over a street and decide halfway through to turn around and try to walk back to the side where you started.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.