Seuntjie (7) dood ná motor hom tref

Foto: Rescue Care.

ʼn Seuntjie (7) is dood ná ʼn voertuig hom getref het op Sparkslaan naby Barnslaan in Durban. Die voorval het omstreeks 13:00 Donderdagmiddag plaasgevind.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê toe hul paramedici op die toneel kom, het hulle die seuntjie se lewelose liggaam op die sypaadjie sien lê.

“Ná ʼn ondersoek is daar vasgestel dat hy ’n hartstilstand gehad het. Lewensnoodsaaklike behandeling is op hom toegepas en daar kon wonderbaarlik weer ʼn pols by die seuntjie opgetel word,” het Jamieson gesê.

Die kind is na die Chief Albert Luthuli-hospitaal gehaas waar ʼn span mediese personeel hom ingewag het.

Hy is egter Donderdagaand in die hospitaal oorlede.

Die presiese besonderhede van die ongeluk sal deel uitmaak van die polisieondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Suzie

Shame… ons weet nou nog nie wat gebeur het nie, maar dit skrikwekkend dat volwassenes nie verantwoordelike bestuurders is nie. En nou praat ek nie van hierdie berig nie, omdat ons nie die volle besonderhede ken nie, maar waar is die verkeerspolisie? Wanneer gaan die dienslewering weer in SA begin? Dit is tog nie dat die salarisse SO laag is nie. As jy ‘n beter salaris wil he, soek dan ‘n ander werk waar jy beter betaal word vir dit wat jy doen

Se maar net

Suzie… hierdie lyk duidelik in ‘n woongebied te wees…. Daar kan mos nou nie verkeerspolisie in elke straat op elke hoek wees nie? Ek weet van ‘n geval waar ‘n vrou ‘n kind raakgery het. Sy is die mees verantwoordelikste bestuurder ooit… in so ‘n mate dat sy jou amper frustreer…. Die kind het agter hoë plante gestaan wat tot reg teen die pad groei…. hierdie vrou het nie vinnig gery nie, en daardie kind het net besluit om oor die pad te hardloop, net toe sy by daardie plante kom….en nee. Dit was nie ‘n voetoorgang nie. Maar daardie… Lees meer »

Ai

So baie vrae.. Waar was die ouers? Het die kind alleen daar rond geloop en toe oor die pad gehardloop? Nie noodwendig die bestuurder se skuld nie.

Arme kleinding, rus in vrede ?

k

hierdie is bitter baie hartseer… maar ek sou nie net die bestuurder die skuld gee nie.. ek het self amper een keer n kind raak gery waar die ouers by die kleuterskool gestaan het en die kind net gehardloop het… Kinders kan ook soms onverskillig wees. Dan ook weer moet mens in n woongebied so baie mooi om jou kyk veral vir kinders wat rondloop en fiets ry… Dit bly egter baie hartseer en ek kry beide die ouers van die kind asook die bestuurder so jammer – dit moet n aaklige gevoel wees om te weet jy het n… Lees meer »

Lou

Studies het bewys dat kinders onder 10 nog nie afstand en spoed goed kan skat nie. Jong kinders behoort nie die pad alleen oor te steek nie. Maar ek het ‘n gevoel dat hoe spoed dalk n faktor hier was……..