Seuntjie (7) dood ná motor hom tref

Foto: Rescue Care.

ʼn Seuntjie (7) is dood ná ʼn voertuig hom getref het op Sparkslaan naby Barnslaan in Durban. Die voorval het omstreeks 13:00 Donderdagmiddag plaasgevind.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê toe hul paramedici op die toneel kom, het hulle die seuntjie se lewelose liggaam op die sypaadjie sien lê.

“Ná ʼn ondersoek is daar vasgestel dat hy ’n hartstilstand gehad het. Lewensnoodsaaklike behandeling is op hom toegepas en daar kon wonderbaarlik weer ʼn pols by die seuntjie opgetel word,” het Jamieson gesê.

Die kind is na die Chief Albert Luthuli-hospitaal gehaas waar ʼn span mediese personeel hom ingewag het.

Hy is egter Donderdagaand in die hospitaal oorlede.

Die presiese besonderhede van die ongeluk sal deel uitmaak van die polisieondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Suzie ·

Shame… ons weet nou nog nie wat gebeur het nie, maar dit skrikwekkend dat volwassenes nie verantwoordelike bestuurders is nie. En nou praat ek nie van hierdie berig nie, omdat ons nie die volle besonderhede ken nie, maar waar is die verkeerspolisie? Wanneer gaan die dienslewering weer in SA begin? Dit is tog nie dat die salarisse SO laag is nie. As jy ‘n beter salaris wil he, soek dan ‘n ander werk waar jy beter betaal word vir dit wat jy doen

Joffie ·

Ek dink dit werk beide kante toe. Meeste kinders ken nie die pad reëls nie, want meeste ouers dink dit is nie nodig nie want hulle gaan altyd daar wees om die kinders se hande vas te hou… Redenasie… Dit is te gevaarlik om kinders alleen te laat loop… Wel hulle gaan een of ander tyd alleen moet loop, so leer jou kind van kleins af…

MissDemeanor ·

Jy is reg Joffie. Dit is dalk nie van toepassing hier nie. Maar dit sal.inderdaad help vir padveiligheid as kinders tuis en by die skool geleer word van veilge padgebruik. Ek onthou in die jare 90’s was daar n organisasie “Traptrawante” wat vie kinnders geleer het hoe om veilig fiets te ry.

Alien ·

Karel Kat, maar nes Godsdiens wil hulle alles wat waarde toevoeg tot kinders se opvoeding verwoes.

Se maar net ·

Suzie… hierdie lyk duidelik in ‘n woongebied te wees…. Daar kan mos nou nie verkeerspolisie in elke straat op elke hoek wees nie? Ek weet van ‘n geval waar ‘n vrou ‘n kind raakgery het. Sy is die mees verantwoordelikste bestuurder ooit… in so ‘n mate dat sy jou amper frustreer…. Die kind het agter hoë plante gestaan wat tot reg teen die pad groei…. hierdie vrou het nie vinnig gery nie, en daardie kind het net besluit om oor die pad te hardloop, net toe sy by daardie plante kom….en nee. Dit was nie ‘n voetoorgang nie. Maar daardie arme vrou is ingeboek om haar te kon kry om te kalmeer. Ek voel baie jammer vir hierdie arme mense, maar dis nie noodwendig die bestuurder wat onverantwoordelik was nie…..

Ai ·

So baie vrae.. Waar was die ouers? Het die kind alleen daar rond geloop en toe oor die pad gehardloop? Nie noodwendig die bestuurder se skuld nie.

Arme kleinding, rus in vrede ?

Willem ·

Ek stem saam met jou….daar kon baie gebeur het. Kom ons wag dat die polisie eers hulle ondersoek doen voor daar sommer net aangeneem word dit was die bestuurder. Sterkte vir sy familie.

k ·

hierdie is bitter baie hartseer… maar ek sou nie net die bestuurder die skuld gee nie.. ek het self amper een keer n kind raak gery waar die ouers by die kleuterskool gestaan het en die kind net gehardloop het… Kinders kan ook soms onverskillig wees. Dan ook weer moet mens in n woongebied so baie mooi om jou kyk veral vir kinders wat rondloop en fiets ry… Dit bly egter baie hartseer en ek kry beide die ouers van die kind asook die bestuurder so jammer – dit moet n aaklige gevoel wees om te weet jy het n kind “dood gery” al was dit n ongeluk

Lou ·

Studies het bewys dat kinders onder 10 nog nie afstand en spoed goed kan skat nie. Jong kinders behoort nie die pad alleen oor te steek nie. Maar ek het ‘n gevoel dat hoe spoed dalk n faktor hier was……..

al ·

Sou dit moontlik wees dat die seun ñ hartdefek het? Die inligting skraps, hoe ernstig hy beseer is.

Danie ·

Die enigste manier hoe jy nie ‘n kind wat skielik oor die pad hardloop nie sal raakry is as die kas stilstaan. Self a ry jy 10 km/u kan so iets noodlottig wees. Dit hang af hoe jy die persoon tref en hoe die persoon op die pad land.

Bydraende faktore sluit die volgende in:
Baie jong kinders word toegelaat om alleen paai te kry en lang paaie te beweeg
Hulle ken glad nie die pad reëls en besef nie hulle is aan gevaar bloot gestel nie.
Die paaie word nie in stand gehou, jy kan dus vir ‘n diep slaggat uitswaai en iemand tref
Die sypaadjies word nie in stand gehou nie: plante groei tot teen die pad
Mense moet in die pad loop omdat sypaadjie heeltemal toegegroei is
Mense ry te vinnig in woongebiede

Spoed is net een van sewe probleme in hierdie lys en die lys is verseker nie volledig nie.
Ek is seker indien die 6 ander goed reggestel word sal sulke goed ook minder gebeur al ry persone te vinnig.

Verbaas ·

Ek het 3 weke terug afgetrek Durban toe, bly gelukkig in Ballito maar ry elke dag in Durban toe vir werk en die wetteloosheid van die padverbruikers is skokwekkend!! En nerens is daar ‘n verkeerspolisie te siene nie, nie hoofpaaie nie, nerens. Die karre vat mekaar op die sypaadjies verby (terwyl daar voetgangers loop, hulle spring maar uit die pad), ry in aankomende verkeer se bane en swaai net voor jou in. En ek kan nie eers sê dis net die taxi’s nie. Ek het nog nie so iets beleef in Pretoria nie. Dis verskriklik hartseer wat met die seuntjie gebeur het. Gebede word opgedra aan die ouers en familie.

Alien ·

Ongelukkig gaan dit so in die hele land en nee, dit is nie net Taxi’s wat so wetteloos bestuur nie. Ek sien dit by jonk, oud, ryk, arm, manlik, vroulik en alle kleure van die reenboog. Niemand het meer respek vir padreels nie.

Johann Marx ·

Gelukkig was daar nie ‘n sonneblom-land naby nie, of is hy deur ‘n bakkie getref met blankes in nie……….want dan het Durban afgebrand vanaand??

riana ·

Ja nee kyk dit is so waar wat Johann Marx se oor die sonneblom land. Maar julle dit is baie tragies kry die bestuurder ook jammer en die ouers van die seun en familie julle moet baie sterk wees en God kom haal altyd die mooiste blom ons verstaan nie hoekom noual nie maar God weet hkm en waarom.
Hoop julle kry gou bevredigend by God se antwoorde en als van die beste en baie jammer.

Betoog ·

Gaan die gemernskap nou ook betoog en begin afbrand. Aai die arme kind

Sarie ·

Ek se dit is die bestuurder se skuld ook. Want as hy die regte spoed gery het, kon hy gestop het. Die kind sal nie regvoor die voertuig inhardloop nie. Soos ons almal weet jaag hulle in dorpsgebiede ook. Dit maak mos nie saak nie. Nou sal die bestuurder die oorlede kind die skuld gee, want hy is mos dood. Daar word nie meer gekyk nie, as jy agter n stuurwiel is nie.

not in wonderland ·

‘n Kind van 7 jaar is nie toerekeningsvatbaar nie.

Prinsessie ·

Dit is baie hartseer !! Maar jy kan ni n kind 24 uur oppas ni !! Dit kan enige iemand oorkom …

Alien ·

Jip, ons prim en proper buurvrou se kind het eendag hier verby ons huis gestap, maar net 3 jaar oud. Kind het uitgeglip toe sy ouma ry na ‘n kuiertjie. Maar wat die storie hartseer maak is dat toe my kinders hom aan sy handjie vat en terug vat huis toe wou sy nie die hek oopmaak nie want ons val nou nie juis in haar geldklas nie. Eers toe die kind begin huil besef die snob ons probeer maar net haar kind veilig by die huis kry.
Lang storie kort, jy kan nie 24 uur jou kind oppas nie maar mense is so naar teenoor mekaar deesdae dat jy wil nie meer betrokke raak nie.

Dellaq ·

Ja, ons ken nie die ware omstandigehede in die geval nie. Dit kan nou of die bestuurder of die kind se skuld wees maar soos mense deesdae bestuur…. Ek en my man was gister amper “uitgevat” deur ‘n man in sy SUV, op sy cell en oor ‘n rooi robot – wat voor ons ingeswaai het. AS so ‘n persoon ‘n geliefde van my se dood veroorsaak, gaan hy NIE ‘n prokureur nodig kry nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.