Seuntjie brand by JHB-kleuterskool

Argieffoto

Argieffoto

Die Johannesburgse polisie ondersoek ʼn saak van kinderverwaarlosing nadat ʼn 18 maande oue kleuter se voete glo by ʼn kleuterskool in die stad gebrand het.

Die Daily Sun het Dinsdag berig dat die kleuter se ma, Anna Mahlangu (43), vermoed haar seun se voete is opsetlik met kookwater gebrand. Die voorval het glo Donderdag by ʼn kleuterskool in Katlehong, oos van Johannesburg, plaasgevind.

“Sy vel was stukkend en van die velle het afgekom,” het Mahlangu gesê. “Niemand het na hom omgesien nie. Niemand het my gebel en gesê wat gebeur het nie. Ek soek antwoorde.”

Die ma het aan die koerant gesê die kleuterskool het verduidelik dat haar seun op ʼn warm stoep gebrand het toe hy nie van die stoep af op die gras kon spring nie.

“My seun se voete is van sy sole tot by sy enkels gebrand. Dit is duidelik nie van ʼn warm stoep nie,” het sy gesê.

Kapt. Mega Ndobe, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn saak is Maandag by die polisie aanhangig gemaak. “Die polisie ondersoek tans ʼn saak van kinderverwaarlosing. Verdere ondersoek in die saak sal bepaal of dit na ʼn aanrandingsaak gewysig sal word,” het Ndobe gesê.

Die ondersoek duur voort. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SNEL ·

Dis vreeslik, ek hoop regtig hulle kom agter die kap van die byl. Hier is beslis n slang in die gras.

CHRISTA ·

Wat gaan met ons mense in hierdie land aan? Nie eers ‘n onskuldige kind is veilig nie. Dit lyk of misdaad ons nasionale sport is!!!

andrea van vuren ·

Ek sidder om hierdie dinge te lees. Ek het 11 kleinkinders en weet hoe hul ouers met bloedsweet na hul welsyn omsien. Kan ons nie terugkeer na die ‘ou bedeling’ waar die jong ma nog self na hul kinders omgesien het nie? ‘n Siek spiraal van werk om finasies te laat klop! Wie’s in beheer?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.