Seuntjie brand erg: ‘Ons kort net gebede’

Logan Barnard (5). (Foto: Facebook)

ʼn Vyfjarige seuntjie se ouers waak langs sy hospitaalbed nadat hy die naweek ernstig gebrand het in ʼn fratsongeluk by die gesin se huis in Mountain View in Pretoria.

Logan Barnard se gesin het reggemaak vir hul gebruiklike Saterdagbraai. Ma Chanie het by die swembad gesit en lees, pa Chris het buite by die tafel gewerskaf en ousus Mira (12) het met die honde rondgespeel.

“Logan het houtjies reggepak vir die vuur toe ek skielik ʼn vreeslike hitte agter my rug voel en hom hoor huil. Ek het gesien sy lyfie het heeltemal aan die brand geslaan,” het Barnard gesê.

Hulle het die seuntjie inderhaas in die swembad gedompel om die vlamme te blus en met hom na die Eugène Marais-hospitaal gejaag.

Klein Logan het vermoedelik petrol vir die grassnyer uit ʼn kan in sy handjie uitgegooi en dit het vlamgevat toe hy dit oor die vuur wou gooi, het Barnard gesê. Hy het vermoedelik kort tevore op die motor se enjinkap geklim om die petrolkan self by te kom.

By die Eugène Marais-hospitaal is Logan gestabiliseer en daarna met ʼn lugambulans na die Garden City-hospitaal in Johannesburg geneem.

Sy een long het platgeval en is erg beskadig. Sy niere het in ʼn stadium ook gesukkel. Logan se bloeddruk is egter een van die grootste bronne van kommer – dit styg en daal geweldig.

Logan se gesig het gebrand, asook ook ʼn groot gedeelte van sy regterarm en hand. Daar is ook brandplekke op sy ander arm en een been. Hy word steeds onder sterk verdowing gehou.

“As ons met hom praat, ruk sy lyfie. Ons mag glad nie aan hom vat nie. Hy is baie geswel – sy handjie en sy lippe – maar die dokter sê dit is normaal. Hy gaan môre weer teater toe sodat hulle die wonde kan ondersoek en om moontlik weer kunsmatige vel op te sit,” het Barnard gesê.

Die egpaar woon tydelik by familie in Midstream en pendel elke dag van daar na die hospitaal. “Ons is soveel as moontlik by die hospitaal,” het sy gesê.

Sy het gesê die personeel daar sien uitstekend om na Logan. “Hulle kyk na hom asof dit hulle eie kind is.”

Chris kan van die hospitaal werk, maar Chanie sê hoewel haar werkgewer in dié stadium baie tegemoetkomend is, vrees sy dat sy moontlik haar werk gaan verloor.

“Ek kán nie my kind los nie.”

Barnard het gesê Logan is veral snags onrustig wanneer sy ouers nie by hom is nie.

“Ek vat aan sy handjie, ek soen dit, of ek streel sy haartjies. Ek moet net ʼn bietjie aan hom ráák. Dis al wat ons kan doen.”

Mira woon intussen by haar grootouers, maar vra deurlopend hoe dit met haar boetie gaan. Sy is ʼn leerling aan die Laerskool Saamspan, terwyl Logan by die skool se kleuterskool, Krulletjies en Kuifies, ʼn leerling is. Die skool ondersteun haar geweldig baie, het Barnard gesê.

Honderde mense het ook boodskappe van bemoediging aan die gesin gestuur en Barnard het gesê hulle het ʼn fantastiese ondersteuningsnetwerk van vriende en familie.

“Ons is oukei. Ons kort net gebede.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Alida ·

Ek bid vir julle, vertrou op Die Here en Hy sal voorsien. Hy is lief vir al Sy kinders. Julle gebede sal verhoor word.

Renee ·

Op al. My gebefsgroepe gesit. Speel audio Bybel genesings versies laat hy dit hoor. Dit gaan baie help. Sterkte.

Mossie ·

Ongelukke gebeur! Baie sterkte, ons bid vir genade en herstel.
Mense moet asb tog daarop let om nie iemand wat besig is om te brand met water te blus nie, dit veroorsaak groter skade. Ek weet n mens skrik en jou 1st reaksie is om water te gebruik. Skaf asb brandgel of burning gel aan en soos in die geval van die berig, smoor die vlamme met n handoek of op die gras/grond deur te rol. Die vel tel groter skade op deur water te gebruik.

Marinda ·

Sterkte en behou julle geloof.

Die swelling sal metertyd verdwyn. Sy lyfie moet nou eers weer genees. Hou net moed. Ons bid vir hom en julle. Wees net rustig en geduldig
(onthou Rome is nie in eendag gebou nie) en wees sy mamma en pappa. Laat hom weet julle is daar.

Minette ·

My hart breek vir julle…ons bid vir julle en vir volkome genesing vir Logan…

Anoniem ·

Baie, baie sterkte aan almal, vertrou op God vir spoedige beterskap ! Ons bid vir Logan

Jozi ·

Die arme kindjie. My hart gaan uit na hom en sy gesin.
Ek wil nie klippe gooi nie, maar ek glo nie ‘n 5-jarige kind gaan op sy eie weet van vuurmaak met brandstof saam nie.
Hy het geweet waar die petrolkan was, op die motor geklim om dit te vat en daarna die petrol op die vuur gegooi.
Ek is amper 99.9% seker daarvan hy het gedoen wat hy voorheen gesien het.
Mag die Here met hom wees in hierdie tyd.

Marius ·

En jy het dit nog nooit gedoen nie.nog nooit n foutjie gemaak voor jou kinders nie wees maar net dankbaar dat dit nie jou mense is nie

Anoniem ·

Baie, baie sterkte aan almal, vertrou op God vir spoedige beterskap ! Ons bid vir Logan

lulu ·

Amen
Grootseun GOD sal jou en mamma en papa en susa styf vashou
ek BID vir julle
AMEN

P'TJIE ·

Ons gebede is saam julle as ouers vir klein Logan, ek glo en vertrou die Here is met hom en sal hom aanraak en hy sal hier deur kom en julle as ouers en sussie, ouma’s en oupa’s die krag gee om die swaar kruis op die oomblik te dra.

Lodie ·

Logan
Hierdie een gaan jy wen, ek en baie ander mense reg oor die land bid vir jou, ons bid ook vir jou familie in hierie moeilike tyd. Hou aan baklei, hou aan baklei totdat jy hierdie een gewen het

GM ·

Sterkte! Mag hy volkome herstel.

Mens moet so versigtig wees met wat jy doen as jy kinders het. Daardie ogies sien als raak, en hul probeer altyd help.

Nicolene ·

Baie sterkte vir Logan en sy gesin. Mag God julle vashou en krag gee deur die vreeslike tyd. Ons bid dat Logan vinnig sal herstel.

Sophie-Ann ·

Logan ek bid vir jou en vir jou pappa en mamma en vir die dokters en verpleegsters.

Mariette Mans ·

My seun het in Mei maand ook by ‘n braaivleis vuur gebrand ek weet presies waar deur julle gaan . Ek weet Logan sal hier deur kom. Al wat ons gedra het was gebede en ek bid vir julle sodat Jesus sy hand oor julle sal hou. Baie sterkte

Liza ·

Mag God hom aanraak en gesond maak, Logan ek bid vir jou, sterk wees Liewe Jesus is oor jou…….

basie Coertze ·

ai sterkte julle ons sal bid vir die jongman, bly net glo en bid, ons skepper is tot alles in staat.

Monica ·

Bid vir julle as gesin, baie sterkte waar daar lewe is is daar hoop!! Klein Logan jy moet vining herstel weet dit is ongelooflik seer… Sterkte seun…

ouma ·

Gebede vir Jul Almal en baie Sterkte – In April hierdie jaar het my kleinkind van 5jr 10 md wat ek grootmaak met ‘n sigaretaansteeker sy T-Hemp aan die brand gesteek, dit gebeur in sekondes, hy nou op die wenpad na 2 veloorplantings, 4 en ‘n half maande later, dit verg baie geduld, gebede, liefde en aandag, hou net moet, Ek bid vir julle uit my Hart, Dis nog ‘n paadtjie wat jul saam hom gaan loop, Liewe Jesus sal julle hande vas hou Glo my, Soos Hy myne vasgehou het. Baie Sterkte xx PS Mense moet nie oordeel as hulle nog nie die pad geloop het nie, Want julle gaan nog sulke boodskappe kry Glo my.

Gaitsigubib ·

Gister verbrand n plaaswerktuigkundige by ons. Weet nie of hy dit gaan maak nie. Vrou en 2 kinders by die huis. Ai, kan God tog Sy groot genade, wat ons nie verdien nie, oor hierdie mense bring en hulle weer heel màak? Ons sal glo en vertrou.

Amanda ·

Liewe Jesus hou hierdie seuntjie en sy familie vas in U hande, gee hulle krag en vat sy eina weg

Ai ·

Ai Leser. Sulke dinge gebeur. Mamma en pappa was albei besig gewees. Dit was n ongeluk wat gebeur het. N frats ongeluk. Ek hoop en bid iets soos dit sal nooit met jou of n familie lid gebeur nie. Jou kommentaar in hierdie moeilike tyd vir die gesin is onvanpas en hoort nie. Ek bid vir God se genade oor Logan se spoedige herstel. Jy gaan oraait wees boetatjie. Hou vas.

Erasmus ·

Ons dra julle op in gebed en mag Jesus julle as familie baie styf vas hou in die moeilike tyd
Jesus is saam Logan ons bid vir volle geneesing ,

Ann ·

Ai mense, julle oordeel darem maar gou. Tot dit met julle gebeur! Julle het duidelik nie ʼn idee hoe vinnig so iets kan gebeur nie! Baie sterkte aan Logan en ouers! Xxx

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.