Seuntjie gebore ure na sy ma geskiet is

Foto: Verskaf

“Ons is baie dankbaar, ek dink nie ons kon vir meer wonderwerke gevra het op een slag nie.”

Só vertel Renske Erasmus (31) uit haar hospitaalbed in die Life Midmed-hospitaal nadat sy en haar kêrel, Christo Mulder (38), Vrydag aangeval en geskiet is en sy enkele ure daarna die lewe geskenk het aan hul seuntjie.

Erasmus, wat net meer as 36 weke swanger was, het vroeg Saterdagoggend met ʼn noodkeisersnee geboorte geskenk aan hul seuntjie Fourie. Hy het 3,6 kg by geboorte geweeg en was sowat 50 cm lank.

Ma en seun was nie in gevaar nadat Erasmus in die rug en regtervoorarm geskiet is nie maar weens die skok van die voorval het haar water ure na die voorval gebreek en haar baarmoeder het geskeur. Die koeël sit steeds in Erasmus se rug vas maar daar is besluit om dit nie onmiddellik te verwyder nie aangesien dit nie tans ʼn gevaar inhou nie.

Foto: Verskaf

Erasmus en Mulder, wat in Middelburg woon, was Vrydag met haar dogtertjie en sy twee dogtertjies op pad om vir vriende op hul plaas in die Delmas-omgewing te gaan kuier. Hulle het tussen Middelburg en Witbank op ʼn plaaspad gery wat naby die Middelburg-tolhek by die N4 uitkom.

Mulder het stilgehou om die toegangshek oop te maak en is deur drie gewapende mans oorrompel. Volgens Erasmus het een van die mans ʼn vuurwapen gehad terwyl die ander twee onder meer met ʼn moersleutel en ʼn knopkierie gewapen was.

Mulder het met die aanvallers gestoei terwyl Erasmus van die voorste passasierskant van die bakkie na die bestuurdersitplek oorgeklim het om die bakkie te sluit in ʼn poging om die dogtertjies veilig te hou.

“Hulle het op Christo begin skiet en toe skree ek. Toe kom hulle na my toe en begin my skiet waar ek nog in die bakkie is. Ek het besef ek gaan nie wen nie en het in skok met die bakkie weggejaag.” Erasmus het na die tolhek gery en by verkeersbeamptes om hulp gesoek.

Foto: Verskaf

Die rowers het op die vlug geslaan nadat Erasmus weggejaag het en Mulder gelos. Hy het bloeiend na die bakkie gestap waar dit by die tolhek gestaan het waarna hy Erasmus na die passasierskant oorgetel en met hulle hospitaal toe gery het.

Mulder is twee keer in sy lies getref. Een koeël is deur sy lies. Hy het vlugtig mediese behandeling ontvang voor hy ontslaan is om na die kinders om te sien.

Erasmus wag intussen om van die dokters te hoor wanneer sy en Fourie ontslaan kan word, maar dit gaan onder omstandighede goed met ma en seun.

Brig. Leonard Hlati, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, het die voorval bevestig en gesê teen laat Maandag was die aanvallers nog nie aangekeer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Elsa ·

Soveel eerbare mense soek werk met veiligheids agtergrond, neem hul in diens om sigbaar te wees op paaie en voorstede, plase en omgewings sodat daar nie spasie gelaat word vir die boewe nie

willem Botha ·

Dit is hoekom ons belasting betaal om beskerming te kry van die polisie maar omrede die kriminele die sogenaamde polisie en hulle wanabee cowboy hoof as n grap beskou gaan dit so aangaan.

VanAfrika ·

Kan julle asb mense op hulle name noem as julle artikels skryf, nie net maak dit n mens deurmekaar as jy verder af lees, ek dink net dis disrespekvol.

Ag regtig ·

Mense lees asb die hele berig…. FOURIE is die seuntjie…. Hoe moeilik as dit daar geskryf staan. Mense hou daarvan om negatief en klaerig te wees veral ons ou wit volkie. Baie bly die gesin het oorleef

Ai tog... ·

Derde paragraaf van bo… Sy het Saterdagoggend geboorte geskenk aan hul seuntjie, Fourie. Almal wil tog altyd net iets sê, al sê hul ook eintlik niks behalwe dat hul iets soek om oor te kla nie. Is maar moeilik jong.

Stef ·

Fourie is die baba seuntjie se naam, sukkel julle om te lees?

Alex ·

Fourie is Renske en Christo se seuntjie.
He is previously mentioned in paragraph 3.

Cherokee ·

Na al jul gemor en geklaery stem ek steeds saam met die ene van Afrika. Ek het dit ook voorheen genoem dat dit respekloos is om na iemand te verwys op sy of haar se van terwyl noemname gebruik kan word. Wat ek sê het niks te doen met betrokke berig, maar met die standaard gebruik.

Bekommerd ·

DIS N RASISTIESE OORLOGVOERING. SWART OP WIT. DIS NIKS ANDERS NIE

willem Botha ·

Ek stem saam maar solank daar nie ware persvryheid bestaan nie kan die probleem nie aangespreek word nie want die skuldiges kan nie beskryf word nie.

toy ·

Ons land is daarmee heen. Om te dink jy skiet net mense soos jy wil, mense wat niks gedoen het. Ek dink mense in ander lande het nie ‘n idee hoe dit werklik hier gaan nie.

Ruby ·

Fourie is die baba seuntjie. Die artikel noem ook nie dat die verkeers personeel na wie hulle gejaag het nie, nie behulpsaam was.

IK ·

Stem met jou saam, spietkop se kind het nou net mooi bokkerol gedoen, seker omdat dit nie ‘n verkeersoortreding was of dalk in hul slapie gesteur?

Anita ·

Dank die Here almal is veilig. Jammer vir die trauma, sterkte om daar deur te werk.

Baie sterkte aan die familie ·

Baie, baie sterkte aan die familie. Hierdie is ‘n erg traumatise ervaring. So onnodig!!

(Interessant is die toenemende getal lesers wat kommentaar lewer oor al die geklaery van sommige kommentators. Ek persoonlik dink dat Afrikaners loshande die volk op aarde is wat die meeste kan kla en kan teem en die mees nukkerigste Volk op aarde is. Sonder ophou. Oor alles. – Die voortdurende geklaery. )

Charlotte ·

Oh really, get a life. Om n onskuldige baba seuntjie se naam te judge maak jou naam nie enigsins beter nie.

Charlotte ·

En praat eerder Afrikaans, dit gaan beter klink as jou aangeplakte engels.

MCS ·

Why carry on about the child’s name? Article about a senseless attack on innesent people and children.

Ook 'n mamma ·

Dis regtig ‘n wonderwerk uit die hand van God. Nou kan jul asb trou sodat God se gebod oor die huwelik eerbiedig word. Al trou jul net uit dankbaarheid vir hierdie groot genade van Hom af. Dit kon so anders afgeloop het.

Arme Man ·

Het sy haar arme kerel net so gelos in die veld en weggejaag…Joh arme ou moes toe maar loop na veiligheid….

JA! ·

Want syt aan die veiligheid van hul 4 kinders gedink.
Wel gedaan vir haar dat sy op en wakker was en kon dink!

Cherokee ·

So watter alternatief sou jy voorstel? Selfs al was sy ‘n karatekenner was sy hoog swanger. Sy het almal se lewens gered deur weg te jaag.

Ina ·

Terwyl ons uitgeroei word lewe die Guptas in weelde en moet ek hulle berigte keer op keer sien van hoe fantasies hulle lewe is en hoe hulle SA finansieel geknou het nie. Ek wil nie eens dink aan die ou dogtertjies en ma se trauma en hoe dit hulle toekoms gaan beinvloed nie. Dit moes so ‘n erge ervaring gewees het.

Gerda ·

Daar is niks so mooi soos Ma se nooiensvan wat gebruik word vir seuns-name nie. Bv. De Wet, Rossouw en dan natuurlik Fourie nie.

Michael ·

S A kort n nuwe regeering Die ANC het nou gewys hulle kan nie regeer nie. Kyk hoe lyk die land .Is dit hille idee van n RAINBOW nation???

willem Botha ·

Ek stem saam maar die land sal eers weer gekonaliseer moet word en n eerste wêreld moet word met eerste wêreld norme en standaarde.

DG ·

Dank die Here die mense het met hulle lewens daarvan af gekom. Dit kon lelik anders gewees het.

morne ·

en wie moet sy dank dat dit ini 1ste plek gebeur ht, verduidelik dit asb v my.danki dat ek net geskiet is en ni dood is nie?skrik wakker

ulinda ·

vir my maak name plekke en swart diere nie saak
dankie Abba Vader vir die wonderwerk die genesing en U hand van beskerming
dit kon soveel anders gewees het
Kom JESUS KOM!!!!!

simon ·

dankie vir die nuwe lewe Here beskerm hulle met U liewe Bloed!
baie sterkte geniet die pienkvoet

JK ·

En as (wat nooit sal gebeur nie) gevang word, dan is dié seker net roof, hulle was seker honger?? Laat my wonder wat hul daar gemaak het, was die teiken die plaas om almal te vermoor en toe sien hul nog n opportunity? Moord was die eind doel gewees.

Oujongvrou ·

JK dit kan jy weer vra. Hulle was met n doel daar by die hek. Ek dink nie daar is enige plek op hierdie groot aardbol n ander plek waar daar gele en wag word vir iemand om verby te kom sodat hulle vermoor kan word. Net hier. As dit oorlog is kan jy darem so iets te wagte wees en sal jy gewapen wees om ten minste terug te kan baklei. Maar hierdie drek skiet op onskuldige mense , vroue en kinders. Stel julle voor ons gaan le mense voor by swart woongebiede, en jy moor wie ookal verby kom. Dis ondenkbaar!!

WitVarkHart ·

Kom ek lig julle net veder in. Die pad waar dit gebeur het is n pvt pad en nie vir publiek nie as huk op snelweg gery het sou niks gebeur het nie want hulle wil die tolhek skip.

Familie ·

Kom ek lig jou bietjie in Vark…soos jy jouself beskryf…die tipe geweld kan gebeur op enige plek, enige tyd en met enige iemand. Inteendeel gebeur dit tot in ons huise waar ons veronderstel is om rustig te slaap. Geweld het al aan elke persoon geraak in die land, hetsy direk of indirek. Kom ons wees eerder ondersteunend teenoor ons mede mense en hoop dit gebeur nie more met ons nie. Ons kan net elke dag op ons knieë gaan en sê dankie dat ons sterker aan die anderkant uitgekom het en vra vir beskerming vir ons en ons kinders se lewe vorentoe. Dit voel so onwerklik dat ons moet koes om elke hoek en draai en om te vrees vir ons kinders. Maar moet jy tog nie worry nie…jy is veilig in jou Ferrari op die snelweg…niemand word daar aangeval nie#

Elize ·

Toe sy weg jaag het die boewe weghardloop
Anders was hulle dalk almal dood

EP ·

Cherokee en Van Afrika. Dit is nie ń Afrikaanse vraestel wat gemodereer word nie, dit is ‘n nuusberig. Lewer eerder kommentaar m.b.t die nuusberig. Bly die gesin is veilig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.