Seuntjie gou met gesin herenig danksy Facebook

Bandile Dlamini (Foto: Rusa/Facebook)

ʼn Sesjarige seuntjie is gou met sy gesin herenig danksy ʼn plasing op Facebook.

Reaction Unit South Africa (Rusa) het vroeër ʼn foto gedeel van Bandile Dlamini. ʼn Inwoner het Rusa Maandag omstreeks 16:45 gekontak en gesê Bandile is deur ʼn vyftienjarige meisie in Westbrookweg in Oaklands gevind. Hy het gehuil en kon nie inligting oor sy ouers verskaf nie.

“Die meisie het hom na haar huis in Buffelsdraai in KwaZulu-Natal geneem waar hulle hulp van die gemeenskap ingeroep het.”

Die seuntjie kon slegs aan Rusa-beamptes sê dat hy gewoonlik saam met ʼn man, genaamd Mnr. Blacks, reis.

ʼn Facebook-gebruiker het Bandile herken en dadelik met Rusa kontak gemaak. “Ons het sy gesin gekontak en hulle het gesê hulle het hom as vermis aangemeld toe hy sy vervoer huis toe verpas het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Chantel ·

Dankbaar, hierdie kinders in die afgeleë plekke is oorgelaat aan die genade. Kan net dink hoe bang daai klein lyfie was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.