Seuntjie kritiek ná ongeluk wat ma eis

Die seuntjie is met ‘n helikopter na ‘n hospitaal geneem. (Foto: Wes-Kaapse Verkeerspolisie)

ʼn Vrou is dood en ʼn jong seuntjie is in ʼn bedenklike toestand ná ʼn ongeluk op die Vissershokpad, naby Durbanville, vroeg Maandagoggend.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici asook lede van die Kaapstadse nooddienste was om 07:20 op die toneel en het die voertuie in die middel van die besige pad aangetref. Altesame drie voertuie was in die ongeluk betrokke.

Paramedici het ʼn vrou en ʼn seuntjie, wat vermoedelik naastenby sewe jaar oud is, in een van die voertuie aangetref. Hulle was in die motorwrak vasgekeer en albei was in ʼn kritieke toestand.

Nooddienswerkers moes spesialistoerusting gebruik om hulle uit die voertuigwrak te bevry.

“Die vrou het tydens die reddingspoging ongelukkig aan haar beserings beswyk,” het Meiring gesê. Sy is op die toneel dood verklaar.

Die seuntjie is aanvanklik op die toneel behandel en kort daarna met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Moedeloos

Ai so jammer vir hierdie gesin.