Seuntjie met seldsame siekte sterf skielik

Dihan Meyburgh. Verlede jaar voor sy beenmurgoorplanting.

Dihan Meyburgh. Verlede jaar voor sy beenmurgoorplanting.

Dihan Meyburgh, die seuntjie met ʼn seldsame siekte wat duisende mense se harte aangeraak het toe daar berig is dat hy ʼn dringende beenmurgoorplanting benodig, is Sondagaand, skaars tien dae ná sy derde verjaardag oorlede.

Dihan se ma, Hannetjie, het Maandag aan Maroela Media gesê sy dood was skielik en dat hy nie eens tekens van ʼn siekte getoon het nie. “Ons is baie hartseer, sy hartjie het net gaan staan,” het ʼn emosionele Hannetjie gesê.

Sy en haar man, Diederik, het hulp ontbied en noodhulp toegepas, maar pogings om hom by te kry was tevergeefs. “Selfs sy dokters is stomgeslaan oor sy dood,” het sy gesê.

Dihan is met ʼn X-gekoppelde chroniese granulomateuse, ʼn seldsame en ernstige immuunsiekte, gediagnoseer toe hy ses maande oud was. Sy boetie is ses jaar gelede in die ouderdom van 10 maande vermoedelik aan dieselfde siekte dood.

Die gemeenskap het in 2013 oorweldigend reageer op ʼn berig dat Dihan se ouers nie die beenmurgoorplanting kon bekostig nie. Danksy ruim skenkings kon hy aan die einde van September ‘n beenmurgoorplanting ondergaan. Hy is by die huis behandel nadat hy ontslaan is.

ʼn Spesiale Facebook-groep is gestig om sy ondersteuners op hoogte te hou van sy vordering. Boodskappe van bemoediging en huldeblyke het teen Maandag begin instroom vir Dihan en sy familie.

Die groep het ook op 15 Maart ʼn veldtog van stapel gestuur waarin sy ondersteuners versoek is om een miljoen kerse landswyd in Dihan se eer te laat brand.

ʼn Openbare gedenkdiens word Vrydag in Brakpan vir Dihan beplan. Meer inligting sal in ʼn latere stadium bekendgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

AmY ·

Dis baie tragies. My hart gaan uit na die ouers en familie en vriende. Mag God hul deur die swaar en hartseer tyd dra. RIV kleine Dihan.

Theresa ·

Sterkte aan almal. Hy en sy Boetie is nou bymekaar, gesond en speel ‘n hond uit ‘n bos uit. Ek bid nogsteeds vir julle vir berusting en vertroosting.

Wanda ·

My hart huil saam met julle. Geen ouer is ooit gereed om hul kindjie af te staan aan die dood nie.

Rus sag kleine Dihan. Baie sterkte ook aan julle as ouers, grootouers, familie en vriende.

Marietjie ·

Sterkte aan die ouers en familie. Mag God jul in hierdie tyd lei en help om die seer minder te maak.

Annatjie ·

Sterkte aan Dihan se ouers en familie. Dis tragies wanneer ouers so ‘n klein kind aan die dood moet afstaan. Mag ons Hemelse Vader hulle toevou in Sy Liefde in hierdie donker tyd.

sylvia ·

RIV klein Dihan mag jy lekker saam jou boetie daar bo in die hemel speel. Die Here het n plan vir almal. Sterkte aan die ouers en familie wat deur hierdie hartseer tyd moet gaan.RIP

ansie ·

By Jesus is jy nou kleine. Dihan ouers bly net getrou aan die Hemelse Vader

ronel ·

Sterkte aan Diham se ouers, familie en vriende. Jammer oor die verlies maar glo hy is op die beste plek en die Here weet die beste

Wolf ·

Ek wil net se sterkte aan die ouers en famielie RIP klein mannetjie jy was vir ons geleen en nou het ons Hemelse Vader jou kom haal om langs Hom in die porte van die ewige lewe te wees . Ek en my famielie is saam julle in gedagte en gebede Sterk wees . Van die Vice President Wolf van Boanerges Mcc East Rand. RIP klein. Dihan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.