Seuntjie se onthoofde liggaam in vlak graf gevind

crime scene tapeDie verminkte liggaam van ʼn vierjarige seun is Dinsdag in ʼn vlak graf in ʼn bebosde gebied in Kaapstad aangetref.

“Die seuntjie is Dinsdag vir die laaste keer gesien toe hy en sy 21-jarige oom in Khayelitsha gaan stap het,” het kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, Woensdag gesê. “Die oom het alleen teruggekeer en aan inwoners gesê die kind is ontvoer deur iemand met ʼn blou voertuig.”

Inwoners het na die seun begin soek, maar bloed op die man se broek opgemerk. Hy het weggehardloop toe hulle hom daaroor uitgevra het. Die polisie het die man voorgekeer waarna hy hulle na die vlak graf gelei het. Die seuntjie se kop het sowat 50m ver van sy liggaam af gelê.

Die man is in hegtenis geneem en moet binnekort in die hof verskyn op aanklag van moord. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alet ·

Met wat se nasie het ons tedoene. Is hulle siek of net barbare sy eie mense. N 4jaarige kind wat se kwaad kan hy doen .Ons as gelowige mense moet bid. Die Hemelse Vader sal n uitkoms gee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.