Seuntjie se ouers gesoek

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die Wes-Kaapse polisie het vir hulp gevra om die ouers van ʼn tweejarige seuntjie op te spoor nadat hy in ʼn winkelsentrum in Philippi agtergelaat is.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die seuntjie is omstreeks 14:00 Maandagmiddag in die Shoprite-winkelsentrum gevind. “Die seuntjie kan nie behoorlik praat of vir die polisie sê wie hy is of waar hy vandaan kom nie.”

Volgens Rwexana word die seuntjie tans by ʼn plek van veiligheid gehou. Enigiemand met inligting kan konst. Nontsizi Sazela bel by 079 894 1901 of die polisie by 021 370 1900.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

CHRISTA ·

Is dit nie ironies nie? Mense met kinders laat hulle maar net agter soos ‘n vergete pakkie en gaan soek hulle nie eers nie (of wil hulle dalk nie he nie). Ander moet kinders STEEL omdat hulle nie hulle eie kan he nie.

Babs ·

As mens weet van watter bevolkingsgroep hy is sal dit dalk help.

Don Deon ·

Ek dink dit is regtig swak om nie die kind se ras te noem nie. Dit sal beslis help met die opsporing van die ouers – is Afriforum so rugraatloos?

Dave ·

Wat maak jou dink dat Afriforum skuldig is? Waarom is jy seker daarvan dat dit nie dalk die media is wat die ras verswyg nie? En indien dit wel die geval is dat die skuld nie voor Afriforum se deur gelê kan word, behoort jy te wonder of jou beskuldiging nie dalk boemerang nie!

Drieks ·

AfriForum het mos nou niks met hierdie storie te doen nie, of lees ek iets heel mis. Logies weet ons wastse ras die kind is. Dit gebeur oral dat hul die kinders iewers los, as hul see toe gaan ook.

Dave ·

Drieks, sommige mense is lief daarvoor om bloot onder skuilname rugraatlose dingetjies te skryf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.