Seuntjie steeds in gevaar ná fratsongeluk

Mense wêreldwyd bid vir Henry Bosman se spoedige herstel ná die ongeluk waartydens ’n veeldoelige laaigraaf oor hom gery het. Foto: Facebook

Die pa van die jong Vrystaatse seun wat Donderdag ernstig beseer is toe hy onder ʼn laaigraaf beland het, sê die gesin is dankbaar vir elke gebed wat hulle deur ʼn bitter moeilike tyd dra.

“Dis eintlik net ʼn wonderwerk dat Henry nog leef,” het die vyfjarige se pa, Sakkie Bosman (41), Maandagaand aan Maroela Media gesê. “Die hoofding vir my is om ons dankbaarheid uit te spreek teenoor almal wêreldwyd wie se gebede ons so in die geloof versterk.”

Bosman vertel Henry en sy driejarige boetie, Ian, was laat Donderdagmiddag saam met hom op die veeldoelige laaigraaf (TLB) op hul plaas in die Petrus Steyn-distrik in die Oos-Vrystaat toe Henry afgeval en die TLB oor hom gery het. Baba Casper was by sy ma, Elle (38).

Die dapper kleinman word sedertdien in ʼn geïnduseerde koma in die privaat hospitaal op Bethlehem gehou. “Hy is nog in ʼn kritieke toestand,” het Bosman, wat sedert die ongeluk saam met sy vrou by Henry waak, Maandagaand gesê.

“Henry is nog nie buite gevaar nie. Sy toestand is baie ernstig. Die weefsel in sy bene het doodgegaan en hy het ander, baie ernstige inwendige beserings opgedoen. Die dokters hou hom in ʼn koma, want hy het te seer gekry om dit nou al te hanteer.”

Bosman sê hulle beleef telkens “klein wonderwerkies” waar Henry, wat op 15 Augustus vyf jaar oud geword het, in die hoësorgeenheid behandel word.

“Die dokters het hom Maandag baie ligter gesedeer en wil hom so gou moontlik uit die koma haal om te keer dat hy sekondêre infeksie in sy longe kry, maar sy ou liggaampie kan dit nog nie vat nie.”

Henry Bosman word sedert die fratsongeluk op sy ouers se plaas in die Oos-Vrystaat in ’n koma gehou. Foto: Facebook

Hy vertel die ondersteuning van die gemeenskap van Petrus Steyn is vir hom en Elle ʼn riem onder die hart. “Ek het ʼn voorman op die plaas wat daarna kyk terwyl ons hier op Bethlehem is, maar boere van die omgewing help ook.”

Die gemeenskap help hulle nie net met praktiese bystand nie; hulle en mense wêreldwyd dra die Bosmans deur gebed. Elle het elkeen op Facebook daarvoor bedank.

“Ek wil net graag hierdie tyd vat om vir elkeen baie dankie te sê vir al die gebede en teks en skrif wat julle stuur,” het sy Maandag geskryf. “As mens se woorde min raak, is dit wonderlik om net al julle gebede en seënwense te bid.”

In ʼn vroeëre inskrywing vra sy mense moet sonder ophou vir hom bid “sodat God my genadig sal wees en hom langer vir ons sal leen sodat hy en ons kan getuig van hoe groot ons God is”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Mickey ·

Aitoggie Sakkie, ek kan my nie eens indink waardeer julle moet gaan. Dit is verby hartseer, jy moet n goeie pappa wees wat tyd saam met sy seuns spandeer en dan gebeur daar n so n nare ongeluk. Baie sterkte vir julle. Ek bid dat dat alles ten goede sal uitwerk. Verder het het ek geen ander woorde net dat ek julle nie ken nie maar dat my hart uitgaan na julle!

leser ·

‘n jammerte vir so ‘n frats ongeluk
ek sal die hele bosman familie in my gebede onthou en aan GOD opdra
Sy Hand van genesing is oor julle, Glo in Hom

Deloris ·

Henry en gesin, sterkte lig julle kop na Bo waar julle Krag vandaan kry, en ek bid dat ons Here julle sal optel en dra deur hierdie bittere moeilik tyd. Hou vas aan julle geloof krag en ons Ewige God se oneindige Liefde en Genade. Sterkte ons dra julle op in ons gebede.

Lin ·

Ons bid vir julle! Baie dankie vir die gemeenskap wat julle so mooi bystaan. Ook die dokters en ander verpleeg personeel wat met die kleine Henry werk, mag God Sy hand oor oor jul almal hou!

Miggie Pelser ·

Baie sterkte vir julle, ons gebede is met julle ons bid dat die Here Sy genesende arms sal uitstrek tot klein Henry en hom volkome sal genees, en ons bid ook vir die spesialiste wat met hom werk dat hulle ook geseend sal wees. Glo en vertrou in God, wonderwerke is nog nie verby nie dit vind nog steeds elke dag plaas.

Johnnie ·

Sterkte aan julle as gesin. Julle en klein Sakkie is in ons almal se gebede. Ons bid vir volkome genesing vir Sakkie.

Rita Ferreira ·

Ons bid ook vir Hendry Bosman se volle herstel, en dat hy geen letsels van die dag sal oor hou nie. Dankie Pappa God dat elke been, elke weefsel, elke aar, elke aar in sy liggaampie nou terug keer na normaliteit, en as hy wakker word uit die kom, hy niks pyn sal hê nie, in Jesus Naam Amen ♡♡

Gesiggie ·

Om net na Henry se gesiggie te kyk… laat my besef God het gewaak oor die Engel kind, en Hy sal Henry aanraak en hom ten volle genees… want hy sal n getuie wees van n wonderwerk, kan net dink hoe swaar dit vir Mamma en Pappa moet wees, hou aan Glo en weet…. hierdie vegter van n seun sal weer een van die dae hippel en spring.. Ons spreek die Genade van Jesus oor Henry se lewe… en weet God sal hom aanraak. Sterkte aan sy Gesin in die moeilikke tyd.

God se kind ·

Familie: BY GOD IS NIKS ONMOONTLIK NIE. vertrou. glo en hoop. Niks gebeur buite God se hand nie. HY is in beheer. bly op julle knieè en GLO dat Hy julle seuntjie sal genees.

Nonnie ·

Sjoe, weet presies waar deur hierdie ouers gaan. 15 jr gelede het iemand 2 keer oor my kind gery met 4×4 voertuig… Al wat ons kan se is dat ons ‘n groot GOD dien want sy het 100 % herstel. Gebede van oral oor het ons gedra en se ons nogsteeds elke dag dankie vir ons WonderwerkKind. Soos Jesus sy hand oor my kind gehou het, so hou Hy ook sy hand oor hierdie kleine lyfie.

Morrie ·

Trane!!! My dogtertjie work oor twee weke 5. Ek is sooo life vir haar en ek kan my nie indink waardeur n mens moet gaan in sulke tye nie. My hart en gebede gaan uit na die gesin. “Abba Vader, deur die bloed van Jesus Christus is ons vrygespreeken deur Sy wonde is daar vir ons genesing. Wees asb saam met die familie, gee hulle krag om deur die moeilike tyd vas in geloof te bly staan. Ons bid vir volkome genesing vir klein Henry. Dankie vir U liefde en U seëninge. In Jesus naam, AMEN!”

Bridget ·

Die Here is Groot sal dadelik ‘n gebedjie doen dis baie hartseer sterkte aan die ouers

Theresa ·

Prys die Here dat hy leef. In hoop en vaste geloof sal ons bid dat hierdie seuntjie gespaar bly en volkome sal herstel. Mag die Heer Sy hand oor elke geneesheer en elke verpleegster hou wat met wysheid en liefde moet help. Alle sterkte aan die ouers en kleinboet.

jakes ·

Wat n pragtige kind. Ons bid vir hom en vir sy ouers. Is enige iets te moeilik vir die Here?

Shim ·

Ek en my gesin bid saam. Alle sterkte aan familie, ons dink aan julle in hierdie moeilike tyd en glo en vertrou op ons Hemelse Vader vir genesing.

Meisie ·

Dit laast my dink aan Faith like potatoes, eks vrek bang vir ‘n trekker en TLBs.. Sterkte aan die familie!

Rita ·

Wat ‘n dierbare dingetjie. Kleinman ons plaas jou in Liewe Jewus se arms en glo hy gaan jou gesond maak. Alle sterkte aan die familie. Julle bly in my gebede in hierdie baie moeilike tyd.

Lizelle Gibson ·

Sterkte aan di familie. Ons bid vi volkome genesing.

Charlie ·

Sterkte, glo ons die ‘n bonatuurlike God! God is in beheer! Bid vir bonatuurlike krag en vrede! Bonatuurlike volle genesing vir daardie jong man!!!! Amen! Hierdie gebed verseël ek toe met die kosbare bloed van Jesus Christus ons Koning!

JR ·

God is GROOT EN GOED. Kleinman sal gesond word. Jesus het spesiale liefde vir kindertjies gehad. Pappa en mamma en almal in Petrus Steyn, ek het daar groot geword. Jul het spesiale plek in my hart. God sal jul deurdra en jul getuienis sal wye impak hê op baie mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.