Seuntjie sterf in botsing

netcare1ʼn Vierjarige seuntjie is Vrydag in ʼn motorongeluk in Roodepoort, wes van Johannesburg, dood.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die seuntjie het in die voorste passasierssitplek gesit toe die motor aan die kant deur ʼn ander motor getref is. Botha sê die seuntjie is met paramedici se aankoms op die toneel dood verklaar. Die seuntjie het nie ʼn veiligheidsgordel gedra nie.

Een persoon is ernstig beseer in die botsing. “Paramedici het die pasiënt gestabiliseer. Hulle het die persoon na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir die nodige behandeling.” Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.