Seuntjie sterf in huisbrand

Die huis waar die brand uitgebreek het. Foto: Rescue Care

ʼn Tweejarige seuntjie is Maandag in ʼn huisbrand in Durban dood.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die brand het omstreeks 09:00 by ʼn huis in Clareweg, Clare Estate, uitgebreek.

“Paramedici is saam met die brandweer en die polisie se soek-en-reddingseenheid na die toneel ontbied. Daar is vasgestel dat die seun nog in die huis was toe die brand uitgebreek het,” het Jamieson gesê.

Die huis se dak het in ʼn stadium ineengestort. Dit het die polisie en brandbestryders ʼn ruk lank geneem om deur die puin na die seun se liggaam te soek nadat die brand geblus is.

“Ongelukkig was hy reeds dood aan brandwonde toe hy opgespoor is,” het Jamieson gesê. Die seun is op die toneel dood verklaar.

Volgens Jamieson was die seuntjie in die sorg van sy tannie. Sy kon wel daarin slaag om met ʼn ander baba betyds uit die huis te vlug.

Die oorsaak van die brand is onbekend en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SARIE VAN HEERDEN ·

Hoekom in sorg van ‘n tannie? Hoe oud was die tannie.? Waarskynlik ‘n tienerkind. Waar was die ma en as dit moontlik is, die pa.? Hoe het die brand ontstaan?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.