Seuntjie sterf na kliniek glo pa wegwys

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van gesondheid in Gauteng stel ondersoek in na die dood van ʼn vyfjarige seuntjie nadat sy pa glo deur veiligheidspersoneel by ʼn kliniek in Johannesburg weggewys is.

Prince Hamnca, woordvoerder van die departement, het gesê daar sal na afloop van die ondersoek besluit word of daar dissiplinêre aksie geneem moet word.

Volgens Jack Bloom, Gautengse DA-woordvoerder oor gesondheid, is Vincent Mabitwa (5) dood nadat veiligheidspersoneel by die Lenasia Suid-kliniek glo sy pa, Steven Motsumi, op 7 Januarie by die hospitaal weggewys het.

Motsumi het sy seun na die kliniek gehaas nadat ʼn voorwerp op sy kop geval en hy begin bloei het. “Die veiligheidspersoneel het aan hom gesê dat die dokters klaar weg is en dat die verpleegsters aan hulle gesê het om net swanger vroue toegang te gee,” het Bloom gesê. “Motsumi het sy seun na ʼn ander kliniek gevat waar hy dood verklaar is.”

Op 24 Januarie is ʼn drie weke oue baba in haar ma se arms dood nadat veiligheidspersoneel haar ook glo by die Lenasia Suid-kliniek weggewys het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

EMK ·

Wat het geword van die Eed van Hipokrates?? Geld dit nie meer of steur hospitaal personeel hulle net glad nie meer daaraan nie?

Vic ·

EMK: wanneer af le sekuriteitspersoneel n eed van Hippocrates af? En van wanneer af is dokters verantwoordelik vir die gedrag van sekuriteitspersoneel?
Maar my beste raai is dat verplegingspersoneel die sekuriteitspersoneel aangese het om pasiente weg te wys want hulle wou gaan slaap – ou laai.

EMK ·

VIC – bedaar. Volgens berig het verpleegpersonnel aan sekuritetismense gesê om SLEGS swanger vroue toegang te gee – dis hoekom ek vra wat het geword van die Eed van Hipokrates. Die verpleegpersoneel self steur hul dus nie aan die Eed nie. Moet ek alles in drie paragrawe beskryf? Jinne tog ou.

hellouise van dyk ·

Wat het geword van doodgewone menslikheid????
Iewers in jou kop moet ‘n stem of suis jou laat dankbaar wees dit is nie jy met jou kind nie en jou alles in jou vermoe laat doen om hulle te help. Dit is wat die probleem is vandag. SIT JOUSELF IN DAARDIE PERSOON SE SKOENE!! Jamner ek kan dit nie in ander tale ook sit nie. Sal dit help?

S Koster ·

Ja nou wil Vic hare kloof oor twak. Nes jy se hellouise – MENSLIKHEID of daar nou enige eed by betrokke is al dan nie, MENSLIKHEID. Dis ook nie ‘n FEIT dat sekeres gedurende nagskof slaap nie (pruike agter deure ophang sic) ek was onlangs in hospitaal en het gesukkel met slaap weens dawerende snorker langs my en ek moet sê nie een van die 3 nagte het enigeen watter kleur ookal gaan slaap nie. Hulle was daar vir my en ander.. mens moet pasop teen veralgemening.

Vic ·

Dit is n feit. Jy was daar vir drie nagte – ek werk al 30 jaar daarmee saam. Mens moet oppas vir veralgemening, veral as jy net 3 nagte se kennis van iets het

hellouise van dyk ·

Wat het geword van doodgewone menslikheid????
Iewers in jou kop moet ‘n stem of suis jou laat dankbaar wees dit is nie jy met jou kind nie en jou alles in jou vermoe laat doen om hulle te help. Dit is wat die probleem is vandag. SIT JOUSELF IN DAARDIE PERSOON SE SKOENE!! Jamner ek kan dit nie in ander tale ook sit nie. Sal dit help?

Vic ·

EMK – ek is heel kalm, ou. Kry net jou feite reg. Ek vra net van wanneer af sekuriteitspersoneel, of verpleegsters, die Eed van Hippokrates afle. Hulle het nog nooit. Medici het wel, maar dit gebeur nie meer in meeste mediese skole nie. So die Eed van Hippokrates is irrelevant. Wat wel n ou gewoonte by sekere groepe verpleegstaf is, is om nagskof te “werk” maar geen werk te verrig nie. Sodra die medici loop, word die pruike afgehaal, agter die deur opgehang, en hulle gaan slaap. Dit is die feite.

Theresa ·

Geen eed. Geen reels. Hulle maak soos hulle wil. Ek was een aand by ongevalle toe ‘n pappa daar aankom met sy seuntjie wat vreeslik gebrand het. Hulle wou hom nie help nie. Hy moes eers R25000 neersit. Die arme man het rondgebel op soek na mense wat hom kan help. Dis absoluut belaglik. Ek sal daardie man se gesig nooit vergeet nie. En so gaan dit orals. Die slegtes word nog slegter.

SNEL ·

Dis vreeslik, ek kan nie dink dat hulle nie bereid was om te help nie. Hoe op dees aarde stuur jy iemand in nood weg? Maak nie saak wie wat gesê het nie, hulle kon mos sien dis n ernstige geval. Ek hoop regtig hierdie mense betrokke word opgeskroef.

sproetjies ·

Vra ek ook wat van Hipokrates se Eed? Wil my voorkom of ‘n lewe in hierdie land niks werd is nie. Hospitaal se dienste is mos 24/7 of wat praat ek nou? Dis mos waarvoor die noodafdelings daar is.

EMK ·

Netso sproetjies. Hulle gee niks om nie. Vir niemand… solank hulle salaris kry en gereeld daaroor kan staak dan is alles reg.Dink niks verder as dit nie. Lewe beteken maar eintlik niks

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.