Seuntjie sterf na mangeloperasie: ‘Ek het soveel woede’

Jaundré Bennett

Jaundré Bennett

“Ek het daardie oggend my pa gebel en gesê ek het ʼn slegte gevoel.” Geraldine Bennet (29) sê sy wens sy het die dag na haar “sesde sintuig” geluister, want dan was haar woelwaterseuntjie dalk nog hier.

Die tweejarige Jaundré Bennett is op 4 Mei 2012 dood na ʼn mangeloperasie die vorige dag. Vier spesialiste is na Jaundré se dood van strafbare manslag aangekla. Dr. Pieter Bresler, die chirurg wat die operasie gedoen het, is in Desember 2014 aan kanker oorlede.

Die saak teen die ander twee spesialiste, drs. Matthew Tabiri, ʼn kinderarts en Abrar-Ul-Hasnain Syed Fatmi, ʼn neuroloog, is laat vaar, nadat hulle staatsgetuies geword het in die saak teen dr. Deon Kotzé, ʼn narkotiseur van Vereeniging.

Kotzé het in Januarie vanjaar erken hy was nalatig ten tyde van Jaundré se mangeloperasie en dat hy te veel narkose toegedien het. “Hy het voor die operasie op twee plekke op Jaundré se bors gedruk en gesê hy is reg, hy kan maar gaan,” het Geraldine gesê. “Ek het die dag wat Jaundré dood is, vir hom gevra wat het gebeur en hy het gesê ek sal nie vir jou jammer sê nie want ek het niks verkeerd gedoen nie.”

Kotzé het verlede week weer in die hof verskyn vir voorvonnisverrigtinge. Die saak is tot 25 Januarie uitgestel. “Hierdie saak gaan nou al langer as vier jaar aan en elke keer moet ek hom [Kotzé] sien. Hy het nooit eers self vir ons gesê hy is jammer oor wat gebeur het nie.”

Jaundré, wat twee jaar en vier maande oud was en sy ouers het op 3 Mei 2012 omstreeks 12:00 by die Mediclinic Vereeniging opgedaag en hy is sowat ʼn uur later by die teater ingestoot. Geraldine en haar man Heinrich (30) het egter geweet iets is fout toe hulle vir langer as 45 minute buite die teater gewag het. “Toe kom die dokter uit en sê ons kind het opgehou met asemhaal. Ek was histeries. Ek het die dokter teen die bors geslaan en in die teater ingestorm. Ek het net begin skree.”

ʼn Suster het toe sê daar is ʼn hartklop. “Ek wou my kind sien. Hulle het vir hom suurstof gegee en van daar af is hy na die intensiewe sorgeenheid toe. Die pediater het daar na hom kom kyk en reguit gesê daar is nie hoop nie. Hy het toe nie eens geweet wat gebeur het nie. Hulle het net vir hom gesê dit was ʼn mangeloperasie.”

Jaundré se toestand het deur die nag verander. “Sy pupille het kleiner geraak en dit het gelyk asof hy wil begin asemhaal, daar was nog reaksie. Die pediater het vir hom ʼn kateter ingesit en hom ingespuit om hom rustig te maak sodat hulle ʼn breinskandering kan doen.”

Sekondes daarna het Geraldine gesien hoe haar seuntjie se hartklop afneem. “Ek het vir hulle geskree dat sy hartklop val. Hulle het my buite toe gevat. En toe sê hulle dit is verby, hulle kan niks verder doen nie,” het Geraldine huilend vertel. “Ek het gesê ek wil nie vir Jaundré  vat vir die operasie nie, maar almal het gesê ek moet rustig wees, want dis net sy mangels wat uitgehaal word.”

Heinrich en Geraldine saam met Heinrich jr. en Jessica

Heinrich en Geraldine saam met Heinrich jr. en Jessica

Heinrich jr., Jaundré se ouboet, was vyf jaar oud toe sy boetie dood is. “Ek moes vir hom verduidelik sy boetie is na Liewe Jesus toe. Ek het self vir Jaundré aangetrek na die nadoodse ondersoek en ons het speelgoed saam met hom in die kis gesit en vir sy boetie gesê Liewe Jesus gaan dit kom haal.”

Volgens Geraldine het Heinrich jr. sielkundige behandeling ontvang na sy boetie se dood. “Hy het vreeslik aggressief geraak en partykeer gedink dis my skuld dat sy boetie dood is. Vier jaar later en hy kry nog steeds afdae en dan hy skryf hy briefies vir Jaundré.”

Volgens Geraldine het Jaundré se dood ook spanning in hul huwelik veroorsaak en het sy by tye gedink om net op te gee.

Die egpaar het intussen ʼn dogtertjie, Jessica, wat nou amper twee jaar oud is, gehad. Geraldine en Heinrich sal vir Jessica vertel van haar boetie wanneer sy ouer is. “Ons maak gereeld by Jaundré se graf skoon en ons huis is vol foto’s van hom. Heinie is teruggetrokke en ʼn stil kind. Hy is tevrede met enigiets. Jaundré was so lewenslustige kindjie. ʼn Regte woelwaterseuntjie.”

Geraldine hoop hulle kan afsluiting kry wanneer die hofsaak tot ʼn einde kom. Ek het gemengde emosies. Ek is so woedend vir hom [Kotzé]. Dit raak nou regtig lank.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Inge ·

Dit is hoekom ek WEIER om my twee kinders te vat! Ek sal dit nie doen nie! Daar is ‘n rede hoekom God jou so geskep het, mangels en als. Dit is vreeslik wat gebeur het. Ek weet dit gebeur nie sommer nie, maar ek sal nie ‘n kaans vat nie..

Averill ·

My innige sympatie met jou Geraldine en jou gesin. Ek en my man is presies dieselfde deur met ons oudste seun J-P (Jean-Pierre) 26 jaar terug. Het ingegaan vir mangel operasie, die volgende dag was hy dood. Sy hart het ook gaan staan, en toe moes die dokters spook om hom by te kry. Net die adenoids is toe verwyder. Met die nadoodse ondersoek is bevestig dat hy te veel narkose toegedien is deur n gewone GP wat hom aan ons voorgestel het as n Narkotiseerder. Tweedens is bevestig dat hy apoksie op die brein gekry het wat beteken dat hy nie suurstof gekry het nie. Toe hulle die suurstof pypie deur die neus sit, toe word die pypie deur bloed verstop en hy kry toe nie suurstof nie. Daardie tyd moes ons n klompie geld wat ons nie gehad het nie, eers aan n prokureur moes betaal het, alvorens hulle aan die saak werk, so met ander woorde die dokters het daarmee weggekom en ons harte is gebreek tot vandag toe nog. Ons mis hom so baie. Maar sterkte met julle saak, hoop julle seevier. Te veel dokters se nalatigheid word saam met ons geliefdes begrawe.

Hannelie ·

My seun is ook 11 jaar gelede oorlede agv nalatigheid. Mens probeer aan gaan met jou lewe en probeer vergewe en vergeet, maar soms is dit bitter moeilik. Daar is goeie dokters en verpleeg personeel, maar ongelukkig is daar ook die wat net niks omgee nie. As ek net dink aan dir dokters se houding en die hospitaal se kommetaar word ek nou nog woedend. Ongelukkig word baie van hulle “foute” toe gesmeer en soos hulle self sê hulle begrawe hulle foute. Maar ons moet die stukke weer op tel en aan gaan met ons lewe sonder ons liefste kindertjies.

Koos1 ·

Die seker die arrogantste “dokter” waarvan ek nog gehoor het.
Baie jammer wat met julle kind gebeur het, maar ry daai dokter dat hy nooit weer in sy lewe met mense lewens kan dobbel nie!
Uit ondervinding weet ek dokters staan saam om vir mekaar te “cover” in sommige gevalle. Ek is bly hierdie saak het in die hof gekom.

Rina Kotze ·

Ai, hoe moet ek nou voel, dit maak my skoon benoud, want my kind se mangels moet binnekort uitgehaal word.

Corlaine ·

Kry Tonzolyt liewe mensie. Vat my woord daarvoor dat dit WERK! My dogter is nou 12 jaar oud en ek het ook gesukkel met haar mangels vandat sy nog klein was. Dit is n kruie pilletjie en het absoluut GEEN newe effekte nie. Dit is beskikbaar by Clicks.

Danille Smith ·

Rina Kotze ek kan net dink hoe jy moet voel…. My seun was verlede jaar November vir sy mangeltjies en ek was in net so n paniek soos jy. Ons het net die heeltyd gebid en bid en bid voor en tydens die operasie, een van my mede werkers het nog vir my gese “ag nee hoor dis net mangels dis nie so vreeslike operasie nie” en kyk wat lees ons nou. Bid net dat ons Pappa Jesus die dokters se hande en verstand sal wees. Sterkte……

My innige simpatie aan mamma Geraldine en haar gesin.

ster ·

Danille my kind van 2 jaar en 9 mnde moet ook binne kort uit as die somer hie is dit wat ek pas gelees het maak my baie bang maar gelukkig hie in oudtshoorn is die dktrs baie vertroubaar maar die gee my nou n groot skrik

rudolph ·

Rina my seun sin is onlangs uitgehaal dit het goed gegaan..

Geloof ·

Nee wat Rina vat hulle in geloof, vrot mangels het baie nadele en kan ook die dood beteken, hoe koors kan koors stuipe, dood beteken. As jy nou daai vrot mangels kan dokter, sit sy met n mangel operasie as volwassene, glo my dit is hel en meer gevaarlik! Jy kry min roekelose arrogante dr’s – bespreek ook jou vrese met die dokters en narkotiseer. Ons hele gesin is deur gewone Gp’s suksesvol gedoen tot die narkose ook! Ek huil saam met hierdie ouers, hy is so blerrie cute!

lisa ·

Rina altwee my dogtertjies se ma gels is uitgehaal.hulle mangels was vrot en het swart vergroeisels aan gehad.dit klink erg maar is ni so erg ni.dis beter om dit uit te haal as om later baie siek of dood te wees en vrot mangels maak dood.dis tragies wat met die gesin gebeur het maar nie alle dokters is so nalatig ni.dis hkm hulle eers jou kind kom toets en bloed trek voor teater altwee my kinders was ees goed deur gegan en getoets voor hulle narkose gekry het.narkose is baie gevaarlik dis reeds die rede hkm hulle jou vkoraf klomp vrae vra en bloed moet trek.baie sterkte ek bid God se hand oor jou kind en sterkte met operasie.

rudi ·

1 uit 20 duisend gaan dood agv mangel operasies. Sal jy na die bokke gaan kyk by loftus as hul se hul gaan twee mense gedurende die wedstryd doodskiet. Dokters wil net geldmaak

m ·

Dis darem baie hartseer. Die menslike faktor is maar altyd daar maar vir die dokter om so arrogant te wees is onaanvaarbaar. Ongelukkig gaan niks hierdie kind terugbring nie ..

Karma ·

Ag, so hartseer! Kyk, ek stem saam – daardie dokterS moes ALMAL vervolg geword het; die een wat dood is, is nou jammer – maar dalk het Lucius met hom afgereken, want ‘n onreg aan ‘n kind is ‘n HELSE oortreding. Te dinges met ‘staatsgetuie’ draai en dan vervolging vryspring. As ek jy is, mamma van hierdie ou pragtige seuntjie, dan dagvaar ek hul siviel vir emosionele pyn en lyding van jouself, jou man, jou seun, en ook ieder en elke dingetjie wat jy hulle voor kán dagvaar. Wat ‘n ongevoelige bees was hy nie om te sê hy gaan nie jammer sê nie want hy het niks verkeerd gedoen nie!!! Ek sou hom aangerand het.

Vir al die mammas hierbo wat bang is om ‘n tonsilektomie te laat doen na dié berig: dit is regtig ‘n baie eenvoudige operasie wat so maksimum 20 minute duur. Maak net seker dat jou kind deur ‘n pediatriese narkotiseur verdoof word en deur ‘n persoon met ‘n geldige MB ChB. Ek was 9 toe ek my tonsilektomie gehad het en ek het as verpleegster baie kindertjies deur hul tonsilektomieë gehelp. Die ergste wat behoort te gebeur is ‘n seer keel en bietjie kneusing van die mondholte na ‘n tonsilektomie. En ek ek al baie volwassenes gesien wat hul hare wou uittrek na hulle hul tonsilektomieë op ‘n hoër ouderdom laat doen het. Dit is glo uiters pynlik, veral as die adenoïde saam uitkom en jy kan hondsiek raak agterna.

Judy-Anne ·

My Boetie is ook so oorlede agv te veel narkose hy was 2weke oud dit sal my bybly vir die res van my lewe al was ek maar 8jaar oud toe dit gebeur het my ma se hartseer sal ek nooit vergeet nie.

Joann ·

Hier waar ek woon het dieselfdew gebeur met mense se twee seuntjies. Eerste een na naby gelee stad,mangeloperasie en dood onder narkose. Toe het ander seuntjie paar jaar daarna een of ander uitgroeiseltjie wat verwyder moes word. Ouers besluit na n groter stad en ander hospitaal. Die seuntjie ook dood oner narkose. Ouers is gebroke.

Johan ·

Ñ spesialis het eendag vir my gesê dat die meeste kinders se mangels word onnodig uitgehaal. Sê maar net.

nataaha ·

Maar kon hullw uit vind waar van is di kind to oorkeede was dit di mangels vir seker

Inge ·

Johan, ja, ek het ook so gehoor. My dokter het gese mense haal te maklik die kindertjies se mangels uit.

Dellarese ·

Sjoe ek kry sommer hoendervleis. My dogtertjie van 11 het so 4weke terug opehart operasie gehad en haar eerste hart operasie was op 6maande. Ek glo dat enige operasie moet nie ligtelik opgeneem word nie. Narkotiseers speel groot rol. Dokters is goed gecover vir sulke gevalle. Sterkte aan julle verlies, dit is terrible!!

Annerie du Preez ·

Vir ons is destyds (2000) die versekering gegee dat narkose ongelukke raar is en dat dit slegs met 1 uit ‘n 100 000 kan gebeur. Ons is nou al ‘n groep ouers wat mekaar ondersteun. Van hulle sê kinders leef nog, maar is nou heeltemal gestremd.

Ons dogter is in vir “Grommets” en die pypies in die narkosemasjien was foutief gekoppel en sy het meer natrious oxide ontvang as enige iets anders. Haar brein is beskadig en sy was in ‘n koma. Na 3 dae moes ons toestemming gee vir die lewensondersteunende masjien om afgeskakel te word.

Laai gerus my boek, Simóne gratis af op http://www.blogbook.co.za

Sterkte vir julle almal. Dit is ‘n bitter pad om te loop. Liefde xxx

Inge ·

Ek lees so deur die kommentaar en kan nie glo hoeveel hartseer mense al deur gegaan het nie. Julle is ysters! Ek weet nie of ek ooit so sterk kon wees as ek ‘n kind moes verloor nie. Sterkte vir almal hier wat se harte so gebreek is!

jaco ·

Dit kom nou van useless swak opgeleide buitelandse dokters hier laat werk terwyl goed opgeleide wit SA dokters nie werk kry nie NET omdat hulle wit is. Die kind wat dood is, was ook wit, so ons anti-wit regstelsel sal seker hierdie saak ook laat doodloop

Geronimo ·

Ja dit was ‘n wit narkotiseur en ‘n wit chirurg hoor.

Amelia ·

Ek nog nooit ‘n wit (of enige ander kleur) werklose dokter tee gekom nie. Wit dokters verlaat die land omdat hulle meer geld oorsee wil verdien of omdat hulle wil pad gee vir dieselfde redes hoekom ander blankes emigreer.

Elizabeth ·

My innge simpatie aan die gesin. Ek is regtig so jammer dat julle twee keer by ‘n kinder grafie moet gestaan het.

[Anestetikum hou risiko’s in maar ek wonder of die twee kindertjies miskien geneties al getoets was vir risiko’s al is hulle gesond.]

lynette ·

Nee Jaco, gaan lees berig behoorlik, die Dr wat opereer het en die narkotiseur was blanke afrikaanse dokters!!!!

ANONIEM ·

Dit is vir my hartverskeurend om al hierdie stories te lees. As ‘n amptenaar in die Gesonheids Departement wil ek maar liefs anoniem bly. Maar wil tog graag vir almal wat vermoed dat daar growwe nalatigheid betrokke was in veral die gestremdheid, maar ook die dood van ‘n geliefde sê, die verjarings tydperk vir siviele eise in mediese nalatigheid sake is 20 jaar. Prokureurs doen dit op grond van ‘n maksimum 10% vergoeding op die uitbetaling, so jy het nie geld nodig om mee te begin nie. Sou dit gebeur dat leërs verlê of vernietig is, is die kanse op sukses ewe goed. Nie dat geld rerig kan vergoed nie, maar dit maak die versoging van pasiënte wat gestremd is agv nalatigheid darm makliker.

AVERILL ·

Hi Anoniem, ons wou al n saak van nalatigheid teen die dokters gemaak het, maar is gese na 5 jaar kan ons nie meer n saak maak teen hulle nie. My kind is reeds 26 jaar terug oorlede.

Helena ·

My seuntjie se mangels is verlede jaar uitgehaal. Hy het kroniese oorontsteking gehad van 4 maande af en was meer op antibiotika as iets anders. Hy het al 2 stelle grommets gekry. Op 3 jaar kry hy vir die eerste keer mangelonsteking en dit veroorsaak toe dat sy mangels so vergroot dat dit sy keel toedruk as hy slaap en ophou asemhaal. Gelukkig het ek toe by ‘n baie goeie spesialis by Unitas (dr Nieman) gekom en ons het geen ander keuse gehad as om mangels uit te haal nie. Hy het ook sy derde stel grommets gekry. Die operasie het seepglad verloop en die selfde aand kon jy nie eers sien hy het ‘n mangel operasie gehad nie. Nou ‘n jaar later, het hy nog nie eers ‘n verkoue gehad nie, wat nog van oorontsteking. So my punt wat ek eintlik wil maak, in my seuntjie se geval was dit wel nodig en alles het goed afverloop. Elke operasie het risiko’s….groot of klein.

Chrissie ·

Graag wil ek noem. Daar is ‘n grooot verskil tussen ‘n risiko en growwe nalatigheid en in hierdie geval plus arrogansie daarby.
Mense soos die hoort nie in die professie waar hy mense lewens so minag nie.
Te veel kom daarmee weg. Dit raak bykans ‘n algemene verskynsel.
As volwassene was ek self amper 6 vt onder agv nalatige narkotiseer .

Celeste ·

My 2ling dogtertjies sin is uit gehaal verlede jaar Desember…als het goed afgeloop….en het kerl infeksie gekry maar was okay….Praat met jou dokter voor die tyd …bespreek jou vrese…en maak seker wie almal in die operasie betrokke is…

E.K. ·

SJoe ja mense, moenie sommer dr wil speel nie. As mangels sleg is vergiftig dit jou kind se gestel en verseker is dit ‘n erger operasie vir grootmense. My dogter s’n is op 5 uitgehaal omdat sy herhaaldelik verkoue en griep gekry het en die mangels ontsteek was en ons het geen nagevolge gehad nie. Ek dink regtig mens moet maar soos meeste hier noem alles mooi vooraf met jou dr bespreek en alles mooi uitvind. Kan ook nie glo die Kotze se arrogansie om te sê hy gaan nie jammer sê want hy het niks verkeerd gedoen nie. Die arme mense. Ek wens hul innige simpatie, sterkte en vrede toe.

Hartgebroke ·

Aan Mamma Pappa en ouboet en kleinsus my hart is so stukken vir julle en mamma ek is ook kwaad ek as ouma van 3 pragtige kleinkinders wil my nie jul pyn indink nie al 3 se Mangels uigehaal nadat allerlei siektes hul nagte deur laat huil het en ouers raadop dank die Vader nadat ek gebid en hul in GOD se hande gelê het En al die hartseer verhale ek kan net sterkte sê want ek pyn in my hele ligaam vir al die seer wat julle het en wat jul die res van julle lewens saam gaan DRA

Piet ·

Mens sal seker verbaas wees waar jou krag vandaan kom wanneer so iets met jou gebeur. Ek is bly dat daardie beproewing nog nie oor my pad gekom het nie, want ek weet nie of ek so juk sal kan dra nie. Die res van die kinders is pragtig. Om vir die res van jou lewe te treur sal nie goed wees vir hulle nie, so mens sal maar die krag moet vind om aan te beweeg. Sterkte.

Hanlie ·

So hartseer….en so onnodig. My seun se mangels moes uit op 12 maande. Familie was baie kwaad omdat ek dit so vroeg laat doen het, maar ek was die een wat elke maand vir ‘n week met ‘n kind gesit het met hoe koors. Hoeveel keer het die dagma my gebel om hom te kom haal want sy koors is so hoog sy kry dit nie af nie…..totdat ek een aand na werk met hom ongevalle is en die toetse gewys het sy mangels is so groot dit vergiftig sy lyfie. Die week daarna is dit uitgehaal en ek het ‘n baie gesonde kind. Somtyds moet die mangels uit, maar ek dink party dokters doen dit sommer omdat dit so algemeen geraak het. Sterkte vir julle wat ‘n kindjie deur sulke nalatigheid moes afstaan.

Theresa Smith ·

Dis baie erg om al hierdie kommentaar en die artikel te lees. Ek het ‘n 9 jarige seuntjie wat ernstig sukkel met verkoue en asma en die mangels pla pla pla. Ek is so bekommerd oor sy gesondheid maar ek is so bang vir ‘n mangeloperasie. My man het die operasie as ‘n volwassene ondervind en hy was self ook bitter siek en het selfs aan die bloei gegaan na die operasie. Wat ‘n storie! Ek werk self in ‘n firma wat mediese nalatigheids-eise hanteer. Wat mens lees en waarmee mens daar te doene het is baie erg. Dis verbasend om te sien hoe groot die rol van ‘n narkotiseur is in teater en hoe skeef dinge kan loop as gevolg van nalatigheid met narkose. Ek kon my oe nie glo toe ek lees hoe arrogant die Narkotiseur in die artikel was nie. Dis verskriklik. Ek wonder hoe stabiel die ou sielkundig is want dis nie normaal om dit wat hy kwytgeraak het sommer net te se nie. Neeeee iets is fishy. Hierdie gesinne het almal my innige simpatie.

danie ·

Wat ek nie verstaan nie, alle ander profesionele mense wat dienste aanbied word onder streng voorwaardes geplaas, en as jy n fout maak of n oeps word jy nie betaal nie, of jou waarborg moet vir n lang termyn in werking wees. Dokters vat gat, trek skouers op se oeps en het die vermeetelheid om jou nog n rekening te stuur. Ek dink dit is hoog tyd dat hierdie onverskullige dokters se vlerkies geknip word.

Francie ·

My mangels is op 6 uitgehaal, maar het weer gegroei. Op 21 jaar is hulle die tweede keer verwyder. Ek is vir 2 weke huistoe gestuur om te herstel – dit was ‘n pynlike ervaring maar ek het nie kans gesien vir herhalende mangelontsteking nie.

[email protected] ·

Maak seker die dokter wat narkose gee is n spesialis ! Partkeer gee gewone dr ook sommer net narkose. Julle moet ook aandring dat dr met julle kom praat en die kind”fit” verklaar voor julle. Dr moet die kind ondersoek en hom weeg. As die kind nie lekker voel of verkouerig is stel die operasie uit .

Theresa ·

Praktiseer die dr Naudé steeds?????? Al is hy hoe slim en besonders en kon dokter word, is my beskeie mening regtig dat hy nie die titel werd is na sy optrede nie. Dit blyk baie ongevoelig gewees het en boonop fataal.

Sandy ·

Ok, die mense wat se jy moet maar so bly want dit is wat die Here vir jou gegee het! Regtig?! My mangels is as n babatjie verwyder omdat hulle “sleg” was. Ek weet ook dat dit baie gevaarlik is om dit op n ouer ouderdom uit te laat haal. So – as iets in jou liggaam jou gaan vergiftig…gaan ons dit maar daar los omdat die Here dit daar geplaas het? Don’t think so.

Heidi ·

Ek is amper 30 en het nogsteeds my mangels, hulle pla my darem bitter min. Dink nie ek sal ooit my kinders se mangels laat uithaal nie. Is dit die risiko werd?

GERT ·

My vrou hou aan vir jare al aan almal vertel wat vir ‘n operasie gaan:- Vra VOOR die tyd dat n SPESIALIS NARKOTISEUR die narkose doen. Dit kos n paar rand ekstra an daar was nog nooit een ongeval tot nou wat ons van weet nie. As jy die beste vir jou geliefde wil he hoekom gebruik jy nie die beste SPESIALIS NARKOTISEUR met baie geleerdheid en ervaring nie?.

ria ·

Ek al die kommentaar gelees. BaiE hartseer en ek voel vir elke ouer. Ek nou deur trauma nie mangels ma sal graag wil weet waar kan mens gaan kla. Dink baie ouers weet ok nie waar om te bEgin nie. Sterkte ouers jip tonsolite al my kids deurgedra.

Annelize ·

Ek dink vreeslik baie aan julle. My gebede is met julle.

Ons saak het 9j gevat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.