Seuntjie sterf ná rak glo op hom val by kleuterskool

Argieffoto (Foto: Elaine Krige)

ʼn Driejarige seuntjie is dood nadat ʼn boekrak glo op hom geval het by ʼn kleuterskool in Bedfordview, Johannesburg.

Die voorval het Dinsdag by die Little Ashford-kleuterskool plaasgevind en volgens beskikbare inligting het die seuntjie aan sy beserings beswyk nadat die boekrak op hom geval het.

Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng, sal Woensdag die kleuterskool besoek om meer uit te vind oor die omstandighede rondom die voorval.

“Ons wil graag ons medelye met die seuntjie se familie, vriende en die skoolgemeenskap betuig,” het Chiloane gesê.

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Eugene ·

Jammer dis tragies. Wonder wat het gebeur. Laat weet asb. My kleindogter is ook 3 en ook in kleuter skool. Ek sidder as ek die berig lees. Sterkte aan die ouers.

bolletjie blom ·

Ag nee hoe gebeur so iets. Hier stuur jy as ouer met ‘n geruste hart jou kindjie na ‘n kleuterskool omdat jy moet werk om kos op die tafel te sit. Kleuterskole moet eerder sulke goed aand die muur vas monteer. So tragies. Sterkte aan die ouers.

Leeubekkie ·

Ek stem. 100% saam met jou. Ek het ook gedink dit moet vas gemonteer gewees het. Wanneer mens kleuterskole het, moet mens altyd daardie ekstra dinkwerk doen van hoe om dit veilig te maak vir die kleintjies.

George ·

n vaste kas op n muur kan ook afval, daar was al sulke gevalle.

Koos 100 ·

Dis tragedies. Sterkte aan die ouers en die skool.
Volgens my kennis het die LUR vir onderwys niks daar verloor nie, kleuterskole val onder Maatskaplike ontwikkeling.

Jinksie ·

Dis nou onder departement van onderwys. So Maatskaplike ontwikkeling het niks met die kleuterskole te doen nie. Al twee departemente is inelkgeval nutteloos.

Jillian ·

Dis so hartseer. Ek bid vir die ouers en familie van daai kleintjie. Mens kan jou nie indink waardeur hulle moet gaan nie. Maar ek bid ook vir die mense by die skool wat deur hierdie tragedie geraak is. Daar lê ‘n baie swaar pad voorentoe vir julle. En dan nog die verwyte elke dag. Dit help tog nie nou om klippe te gooi nie. Sterkte aan almal.

Skappie ·

Baie jammer om te hoor van die klein ding. Sterkte aan die ouers vir dit wat nou vir hulle voorle. Mag onse Liewe Heer julle styf in Sy arms vahou, en julle deur hierdie moeilike tyd dra.

Harley Davidson ·

Het kleuterskole nie ‘n risk assessment wat hulle moet voorlê voor hulle kan aansoek doen om ‘n kleuterskool kan bedryf nie?

Jinksie ·

Ja, en daardie boekerak moes vas aan die muurgemaak gewees het.

Duck ·

Hier by my is ‘n taamlike hoè wynrak waarop klein kinders gereeld wil klim want ek sien die handjie merke tot op die voorlaaste rak, as die rak moes omdop, was dit ook ‘n tragedie. Kinders moet glad nie vertrou word nie, hou hul gereeld dop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.