Seuntjie verdrink byna by Bloem-vakansieoord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Agtjarige seun is in ʼn kritieke toestand nadat hy Dinsdagoggend onderwater aangetref is in ʼn swembad by ʼn oord naby Bloemfontein.

“Lewensredders het die seuntjie onder die water gesien en hom dadelik uitgehaal,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Hulle het dadelik KPR op hom toegepas. Paramedici van ER24 het ʼn paar minute later opgedaag en kon ʼn pols kry by die seun.”

Hy is dadelik na die Mediclinic-Bloemfontein geneem. Hy is steeds in ʼn kritieke toestand, het Vermaak bygevoeg.

ER24 maan ouers en vakansiegangers om waaksaam te wees naby water. Hulle stel ook voor dat almal minstens ʼn basiese KPR-kursus voltooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Estelle ·

Lees weer “verdrink byna”, presies dieselfde as jou amper verdrink!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.