Seuntjie verdrink in KZN

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Eenjarige seuntjie het in ʼn swembad in Hillcrest, KwaZulu-Natal verdrink.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê ʼn omstander was besig om mond-tot-mond-asemhaling op die seuntjie toe te pas met paramedici se aankoms op die toneel.

Hy sê paramedici het onmiddellik by die omstander oorgeneem. Volgens Meiring het paramedici vir langer as ʼn uur mond-tot-mond-asemhaling op die seuntjie toegepas. Hy is egter op die toneel dood verklaar.

Die presiese omstandighede rondom die seuntjie se dood word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.