Seuntjie verdrink in Randparkrif

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Driejarige seun het Sondagmiddag in ʼn swembad by ʼn huis in Randparkrif in Gauteng verdrink.

“Dit lyk of hy per ongeluk in ʼn onbedekte swembad geval het,” het Robert Mulaudzi, woordvoerder vir die Johannesburgse nooddienste, gesê. “Hy is op die toneel dood verklaar nadat alle pogings om hom by te bring misluk het.”

Mulaudzi sê hulle doen ʼn beroep op huiseienaars om seker te maak dat alle swembaddens minstens met ʼn veiligheidsnet bedek is en dat die swembad omhein is met ʼn hek wat kan sluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AmY ·

Ek wil ook weet; As daar sulke klein kindertjies in die omtrek is, waarom was die swembad nie bedek nie?

En nou is dit te laat. My hart gaan uit na die ouers en familie. Maar hulle Krag van Bo kry om deur die hartseer tyd te kom en mag daar geen verwyte van enige kant af wees nie.

Elizabeth ·

Ek mag verkeerd wees, maar ek het gedag daar is wetgewing oor verpligte veilgiheidsomheinings by swembaddens? Ek het my kinders voor hul 3e verjaarsdag vir swemlesse gevat en seker gemaak hulle het genoeg lesse gevat dat hulle goed hulself kon help sou hul in ‘n swembad val. En ons HET nie eers ‘n swembad gehad nie. Ek probeer niemand verwyt nie, dit moet bitter erg wees om jou kind so te verloor maar ongelukke gebeur MAKLIK en mens moet seker maak dat jy alles moontlik doen om so iets te verhoed. Sterkte aan die ouers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.