Seuntjie verdrink in swembad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Seuntjie het Saterdagaand in ʼn swembad in Milnerton in Kaapstad verdrink.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is ontbied en het met hul aankoms ʼn seuntjie, vermoedelik sowat 18 maande oud, in die oprit van die eiendom gevind. Volgens Bodasing is die seuntjie glo met sy gesig na onder in die swembad gevind.

Die seuntjie is uit die water gehaal voordat paramedici ontbied is. Paramedici het die seuntjie behandel en mond-tot-mond-asemhaling toegepas. Hul pogings was egter onsuksesvol en die seuntjie is op die toneel dood verklaar.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Martin ·

Dit is so sleg. My innige simpatie aan die mense. My vraag is, hoe gebeur dit? Ek vra dit, sodat ek iets hieruit kan leer. Volgens my is daar Munisipale regulasies wat betref swembaddens. (Wat dit ookal werd mag wees) Dan is daar ook persoonlike verandwoordelikheid wat die ding betref. Ek sê nie die mense was onverantwoordelik nie, maar hoe het daai kind in die swembad beland? Ons het self ‘n swembad op ons perseel, en dit is baie veilig. My vraag is dit. Wat doen ‘n mens nog om so ‘n ramp en hartseer te voorkom?

Rikku ·

My innige simpatie aan die Familie.
Ek het 10jr vir my baba gewag. Ek en sy Pa het hom natuurlik soos die Kroon Juwele opgepas.
Toe hy ongeveer 2jr oud was koop ons ‘n huis met ‘n groot Swembad.
Die swembad was omring met Traliewerk en hek. Die dag toe die Munisipaliteit die Swembad kom vol maak, staan ek en my Man met my Seun, met die Bestuurder van die Watertrok en gesels oor Swembad Veiligheid en hoe ons ook nog ‘n Alarm aan die hek wil laat aanbring.
Die volgende oomblik toe ons oplet is my seun net weg.
Ons kry hom toe oor die swembad leun en kyk hoe die water inloop.
Dit was soos in sekondes dat hy net weggestap het van ons na die swembad toe.
Ons was gelukkig dat hy nie ingeval het nie.
Die een oomblik het hy nog my hand vasgehou en die volgende oomblik was hy weg.
‘n Ongeluk kan so vinnig gebeur met ‘n tragiese einde. My hart gaan uit na die Ouers.

pop ·

Dit gebeur nou regtig gans te veel. Neem asb julle kleingoed vir swemlesse. Op ons aandrang het my dogter haar baba van 8mde geneem en op n jaar oud kon ons haar ingooi en sy het soos n prop omgedop en kant toe geskop. En sy skreeu soos n maer vark. Dis nie n lisensie vir roekeloos wees nie, maar dit help effens met gemoedsrus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.