Seuntjie verdrink kort voor gesinsvakansie

Nikolai Skinner. Foto: Facebook

Nikolai Skinner. Foto: Facebook

ʼn Seuntjie, wat later vandeesmaand sy tweede verjaardag sou vier, het in die swembad van sy ouerhuis verdrink.

Nikolai Skinner het op 29 Desember in die swembad by sy ouerhuis in Proteahoogte in Brackenfell verdrink. Volgens ʼn bron na aan die familie sou Nikolai op 19 Januarie twee jaar oud geword het.

Volgens die bron was Nikolai se ouers, Patrick en Chantal, besig om die bakkie te laai vir hul vakansie. “Klein Nikolai het by hulle gespeel. Hy het gevra vir koeldrank en is die huis in waar sy ma hom bietjie water gegee het om te drink. Met die bakkie wat so te sê klaar gelaai was, het sy pa die hek na die agtererf en die swembad oopgemaak sodat die honde om die huis kon hardloop terwyl hulle weg is.”

Die bron meen Nikolai moes in hierdie tyd buite toe gegaan en die honde gevolg het. “Chantal het toe gevra waar hy is en beide het na agter gehardloop, maar dit was te laat en hy was reeds in die swembad. Die ouers het hom uitgehaal en dadelik begin met mond-tot-mond asemhaling, terwyl hul ander seun die nooddienste gebel het. Chantal het voortgegaan met die behandeling, terwyl Patrick na die brandweerdienste gejaag het om hulp te kry.”

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici het omstreeks 10:49 op die toneel aangekom. “Die seuntjie het nie reageer nie en paramedici het dadelik met noodbehandeling begin. Ondanks alle pogings is die seuntjie op die toneel dood verklaar.”

Volgens die bron sal Nikolai na verwagting Vrydag begrawe word. “Ons is almal baie hartseer vir die gesin.” Nikolai het twee ouer broers, Xavier en Daniel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

leonie ·

alle sterkte. ek weet hoe dit voel. ek het nou 20 januarie my seun tried 15 jaar terug verloor. ook very rink. hy was 2 jaar en 7maande. ons was besig in tuin. en ja dit gebeur in n oogwink.
sterkte

Tiger ·

Ai dis so tragies.Ons harte en medelye gaan uit na julle in hierdie moeilke tyd.’n Ongeluk gebeur so vinnig . . .

Peet J ·

Baie jammer vir julle as familie wat ‘n pragtige kind . was die swembad nie omhein met ‘n veiligheids hek nie ?

SNEL ·

Peet, die swembad was omhein, hulle was oppad met vakansie en het die hek oopgemaak dat die honde om die erf kan loop. Dit was daai laaste goedjies wat n ou gou doen voor almal in die kar spring ….dit staan so bo in die berig. Ongelukke gebeur so vinnig.
Baie sterkte vir almal, mag die Here julle krag gee en dra.

Asjas ·

Meskien terwyl kinders so bitter klein is ‘n veiligheidsnet ook oor sit net om seker te maak?

Beskermengel ·

Ek kan my net die hartseer indink wat die ouerpaar deurgaan.
‘n Kind is ‘n 25 uur per dag en ‘n agt dae per week oppasrisiko. Dit gebeur so maklik dat die een ouer dink die kind is by die ander ouer en dan word daar té laat vasgestel dat hy/sy nie by een van die twee is. Ek veralgemeen met hierdie stelling en maak dit nie soseer van toepassing op hierdie gebeurtenis.

Jakobus ·

Hard om dit te sê, maar dit sal nog oor en oor en oor en oor gebeur. Volgende jaar weer, en die jaar daarna lees ons weer sulke berigte.

Johann ·

Die realiteit is, volgende jaar lees ons weer sulke berigte, hoe hartseer dit mag wees.

Gerda ·

My innige meegevoel. My kleinseun het verlede jaar 15 Januarie 4 dae voor hy ook 2 sou word verdrink. Dis verskriklik.

Janet ·

Dis verskriklik. Sjoe weet nie of die mense dit ooit gaan verwerk nie. So jammer vir hulle

Maurits Hagg ·

Sterkte aan die gesin om die verlies te verwerk. Dis ‘n baie hartseer brokkie nuus.

Ek wens dat elke ouer wat klein kindertjies het, besef hoe noodsaaklik dit is dat hulle so vroeg as moontlik leer swem of ten minste geleer word om waterveilig te wees. Daar is genoeg swemskole in die groot stede wat die dienste verskaf. Die kostes is so gering in vergelyking met die kosbaarste lewe van ‘n klein kindjie, dat die nie eers ‘n oorweging behoort te wees nie.

Hendrik ·

ons almal simpatiseer met julle. selfs die ouers wat dit self beleef het, maar julle alleen ken hiérdie hartseer. Ons bid julle genesing toe.

Danielle ·

Vir die pa wat vir sy seuntjie n swaai in sy werkswinkel bou, opvoedkundige speelgoed met sy eie hande maak, vir hom optel en goedjies in die natuur wys. Die pa wat sy seuntjie met soveel trots dophou. Vir die ma wat haar blonde krulkopseuntjie so styf vashou, die beste vir hom gee en toevou met haar liefde, die nuus het ons almal geraak. Ons harte is saam met julle seer en ek weet die van ons wat nog nie deur so n voorval was nie, sal nie regtig julle seer verstaan nie. Ons is hier vir julle en die seuns. Baie liefde en ons bid vir vertroosting.

Amanda Jordaan ·

So so Jammer Chantal en Pat! Ons harte is seer saam met julle. Dink aan julle! Tannie Amanda Zonet se ma…

Liza ·

Van November tot en met Desember hoeveel kinder het nie al verdrink nie, my hart gaan so uit na die ouers toe, want dit is nie lekker om ‘n kind te verloor nie, ongeag in wat se omstandighede….want ‘n mens kom net nooit daar oor nie, ouers en familie ek dra julle op aan die Here, en Hy sal vir julle die berusting gee, ek het dit gekry…… en dit is soos Beskermsengel se….kindertjies is maar ‘n 25/7 werkie…….

Liza ·

Vergeet ek om te se, rus saggies jou mooiste kleine seuntjie met jou blonde haartjies en hemelblou oogies, jy is ‘n baie mooie kleine engeltjie…….

Roelof en Paula ·

Ons treur saam met julle. Dit is te groot en te erg om te verstaan hoekom hoekom hoekom. Weet net almal wat hiervan hoor is totaal verslae.

Genoeg ·

Patrick en Chantal, ek kan slegs vir julle bid en julle aan ons Groot Vertrooster opdra. Hou die herinneringe aan Nikolai lewendig in julle daaglikse handel en wandel, want hy sal altyd deel wees van julle en dit is een van die beste maniere om later aanvaarding hierdeur te verkry. Op die foto lyk hy nes die engeltjie wat hy nou is. Sterkte met die hartseer pad vorentoe en weet dat Hy alleen julle hierdeur kan dra, want dit was nie Sy wil nie, slegs Sy toelaatbaarheid.

zee ·

Dit is baie hartseer en as ons almal huil nog saam hulle. Ek klein Nikolai laas gesien as baba, maar gereeld sy updated fotos gesien. Ek weet sy ouers was so besorg oor om en baie mooi na hom gekyk. Chantal is die tipe mamma wat ons almal se babas en kinders wou oppas; sy tyd saam kinders geniet. Pat homself is so goeie pappa en lief sy drie seuns baie. Hul huis is so uitgele dat die swembad area ‘omhein’ is met die mure en huis. ‘n ongeluk gebeur vinnig, en kan met enige iemand gebeur!! Bid saam die familie vir vrede en geneesing deur die moelike tyd.

Jane van Reenen ·

So very sorry. May you receive the strength to get through this very sad time.

Claudene ·

wat n pragtige kind!!!!!Baie jammer vir mamma,pappa en boeties opr julle GROOT verlies!!!Bid julle sterkte toe!!!!

DS ·

My innige innige simpatie aan die gesin. Mens moet net NOOIT dink dit sal nie met jou gebeur nie. Sulke en ander ongelukke gebeur ongelukkige selfs met die beste en versigtigste ouers. Sterkte die moeilikste deel le voor julle.

Stephane van Niekerk ·

Innige simpatie met die ouers en boeties wat klein boet verloor het. Om kind aan dood af te staan is die ergste veral nog so kleintjies. Sterkte dink aan julle in die tyd met die hele familie met gebroke harte. En die oupas en oumas. Dink aan julle.. God se hand is oor jul in die moeilike tyd

PJ ·

Spandeer maar die paar duisend rand vir die net op die swembad…my net was op vir minder as ‘n jaar…maar elke sent werd
RIV blonde klein engel…dis baie hartseer ?

Esther ·

Ai mense, los nou asb maar die kommentaar oor die net en swembadomheining. Dink julle nie hierdie ouers gaan die res van hulle lewe worstel met selfverwyt nie? RIV kleinding, en alle sterkte aan sy ouers en familie.

Petro ·

As dit ander ouers tot insig bring en ‘n kind se lewe red..is die kommentare nodig. Dat geen ander familie deur sulke trauma hoef te gaan nie. Dit gaan nie oor verwyt nie.

Sarie ·

So..so verskriklik jammer! Scary hoe ‘n mens se lewe in ‘n oogwink verander!! :(

Danie ·

‘n Swembad is ‘n kindermoordwapen. Ons sien dit jaar in en jaar uit. Om ‘n swembad te kan hê, moet daar eers ‘n swembadlisensie gekry word soos vir ‘n vuurwapapen. Kinders klim oor onheinings. Kinders van 9 jaar oud en 10 jaar oud verdrink. Die lisensie voorwaardes moet ook ‘n swemdabnet, ‘n sensor met ‘n buzzer wat aktiwiteite in die swembad area monitor, dat kinders onmiddelik swemlesse doen vir ten minste ‘n jaar lank. As ‘n swembad van eienaar verwissel moet die lisensie oorgedra word na die volgende eienaar met sy familie besonderhede. Elke swembad einaar moet ‘n kursus in swembadveiligheid doen. HOEVEEL KINDER WIL ONS NOG SIEN PERONGELUK VERDRINK. Omheinings is nie genoeg nie. Ons kan dit elke maand sien. Ek kan myself net indink hoe hierdie ouers moet voel. Dit is erg.

Amanda ·

Dit is so hartseer ons swembad word nooit gebruik kis my baie geld per maand om skoon te hou wens so ek kan hom toe gooi maar volgens wet mag jy nie.

sarie van heerden ·

Amanda, watter wet verbied jou om ‘n swembad toe te gooi? Wat wel waar is is dat die baie duur is om dit te doen in die geval dat die rommel wat daarvoor gebruik word soms nie tot digby die swembad afgelaai kan word nie. Daar is mense wat die swembad gebruik vir bv die aanplant van plante, of ‘n net oorspan en dit as ‘n onthaal gebied gebruik. Ons kon ons swembad nie toegooi nie omdat dit te duur was en ons nie van ander opsies geweet het nie.

Nakkie ·

Enige ouer van ‘n jong kind se grootste vrees. My seuntjie is 15 maande. Ek huil sommer vir julle part. Baie sterkte Mamma en Pappa. Ons bid vir julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.