Seuntjie verdrink in KZN

verdrinkingʼn 10-jarige seuntjie het Vrydag in Gamalake naby Margate in KwaZulu-Natal verdrink.

“Dit wil voorkom of die seuntjie in die vloedwater beland en toe in ʼn stormwaterafvoerpyp beland het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, gesê. “Paramedici het die seuntjie uit die afvoerpyp gehaal.”

Paramedici het omstreeks 09:00 vir meer as ʼn uur lank tervergeefs probeer om die seuntjie by te bring. Hy is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.