Seuntjie verdwyn in see by Hermanus

Foto: walkthecapeblogspot.com

Foto: walkthecapeblogspot.com

ʼn Agtjarige seun word vermis nadat hy Vrydag by Schulphoek in Hermanus in die see verdwyn het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.

“Die seun het omstreeks 13:00 saam met maatjies in ʼn getypoel gespeel terwyl die gety ingekom het,” het Henk Henn, stasiebevelvoerder van NSRI Hermanus, gesê. Die golwe het hom uit die getypoel gespoel.

“ʼn Reddingshelikopter is ontbied om te help met die soektog in rowwe seetoestande, maar daar was nog geen teken van die kind nie,” het Henn bygevoeg. “Die polisie se duikeenheid het die soektog hervat.”

Die NSRI maan die publiek om versigtig te wees tydens die springgety.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.