Meisie vermis ná man glo ma wou verkrag

Die verdagte in die saak. Foto: Verskaf

Die polisie het die soektog na ʼn vermiste tweejarige meisie in Delportshoop in die Noord-Kaap uitgebrei nadat klere, wat vermoedelik aan die meisie behoort, in ʼn veld gevind is.

Die gemeenskap het saam met lede van verskeie eenhede van die polisie, insluitend die honde- en soek-en-reddingseenheid, na die meisie wat sedert Saterdag vermis word, gesoek.

Volgens kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, word die meisie vermis nadat ʼn man, in sy 30’s, Saterdagaand by die meisie en haar ma se huis ingebreek het terwyl hulle geslaap het.

Die verdagte het glo gedreig om die ma te vermoor waarna hy haar probeer verkrag het. “ʼn Struweling het tussen die ma en die verdagte uitgebreek en die verdagte kon daarin slaag om los te breek. Dit word vermoed dat die verdagte die vrou se kind gegryp het voor hy op die vlug geslaan het.”

ʼn Soektog na die meisie is van stapel gestuur waarna klere, wat vermoedelik aan die meisie behoort, in ʼn veld daar naby gevind is.

Die polisie het ‘n uitgebreide soektog na die seuntjie van stapel gestuur. Foto: Verskaf

Daar is egter nog geen teken van die meisie nie. Die dorp lê langs die Vaalrivier.

Die verdagte het intussen gister vlugtig in die Barkly-Wes-landdroshof verskyn op vier aanklagte, insluitend poging tot verkragting, huisbraak en ontvoering. Hy bly in polisie-aanhouding en sal na verwagting vandag weer in die hof verskyn om vir regsverteenwoordiging aansoek te doen.

Die soektog na die meisie duur voort.

RED: Die berig is aangepas sedert dit oorspronklik gepubliseer is om die geslag van die kind reg te stel. 

Gemeenskapslede help ook met die soektog na die seuntjie. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Tipies ·

Die arme verdagte kon daarin slaag om los te breek van die vrou se greep shame die arme verkragter

Arsène Lupin ·

Here, ek bid dat die kindjie spoedig veilig gevind sal word.

Abe ·

Daar bestaan nog n subkultuur in SA waarin dit algemeen aanvaar word dat n mens iemand kan doodmaak met die doel om seks te he. Wat n vreeslike afwyking in menslike sosiale norme!

Pensioenaris ·

Ek het n vermoede toe hy dit nie reg kry om die ma te verkrag nie, hy die seuntjie gaan verkrag het en dood gemaak het. Hoop en bid ek is verkeerd.

Jem ·

Die bose wêreld waar in ons leef is vreeslik hartseer. Ek hoop die seunjie word gevind. My gebede met die naasbestaandes. Lekker veilig en warm sir die verdagte met 3 etes per dag in n sel. Ek voel hy moet net uitgelewer word aan die publiek. Dit is immers minder as wat hy verdien. As die publiek hom beetkry sal hy vinnig praat en sommer sy eie doodsvonnis teken.

Rikku ·

Ondervra of gebruik taktiek teen hom totdat hy praat en se waar die Seuntjie is. Die kind gaan nie oorleef in die koue weer nie. Nou sit hy warm en beskermend in die selle terwyl die Kindtjie of dood of daarbuite verkluim.
Sterkte aan die Mamma.

Boerin ·

Die kindjie leef seker nie meer nie Ih !
Bring terug die doodstraf of lewer hulle uit aan die gemeenskappe! Ons is gatvol om vir misdadigers in tronke te sorg!hulle is onrehabiliteerbaar!

Henda Myburgh ·

Ek stem sooo saam jou Boerin dis al wat in SA gaanwerk met die kriminele en moordenaars!!

fred ·

Boerin ek stem saam…gee hom aan die gemeenskap,hulle weet wat met hom te maak,…en dit maak duur hofsake onnodig…laat ons die belastingsgeld op n beter doel spendeer…

jannie ·

boerin gee hulle vir die gemeenskap dan sal hulle regverdige oordeel kry hulle sal kry wat hulle verdien die gemeenskap sal beter werk om die booshied te stop as die doodstraf

Willie ·

In die ou dae was hy Waarheids kamer toe, daarna sing hy soos Kanarie…

Judge Dredd ·

Dorp le langs die vaalrivier – ek sal die polisie aanraai om die rivier te fynkam.

Ron ·

Gee die verkragter en moordenaar vir die gemeenskap, hulle sal met hom afreken!!!
Want dis wat hy is . . .

GM ·

Is dit regtig so moeilik om inligting uit so ‘n persoon te kry? Leer televisie-reekse hul niks nie? Vergeet van die misdadiger se regte, ‘n kind se lewe is op die spel. Prioriteite!

Michelle ·

Nou neem ek glad nie die mense kwalik dat hul boendoe hof hou soos hul dit noem of gereg in eie hande neem nie die kind bid ek en vra God asseblief dat sy lewe gespaar sal wees. Die soort moet permanente uit die samelewing uit verwyder word want drank is altyd die groot oorsaak wat hy oor homself gebring het. Gee hom vir die publiek want hoekom moet die belasting betalers aanhou sorg vir so een hy het moontlik ‘n lang werks rekord van sulke insidente. Verkragting, huisbraak en ontvoering more is dit moord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.