Seuntjies sterf na hulle erg in motor brand

Argieffoto

Argieffoto

Twee driejarige seuntjies van Kaapstad is dood nadat hulle in ʼn motor vasgekeer was en erge brandwonde opgedoen het in Macassar in die Wes-Kaap.

Die twee seuntjies is kritiek beseer tydens die voorval wat Donderdag plaasgevind het en is na ʼn hospitaal geneem met derdegraadse brandwonde oor 80% van hul lyfies. Hulle het in die hospitaal aan hul beserings beswyk.

Volgens Theo Layne, woordvoerder van die Kaapse brand-en-reddingsdienste, was die twee seuntjies reeds uit die motor gehaal toe brandbestryders op die toneel aangekom het.

Die twee seuntjies het glo in die motor gespeel. Layne het gesê hy kan nie spekuleer oor wat tot die brand gelei het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.