Sewe aanvallers slaan op Vrystaat-plaas toe

Argieffoto

Werkers op ʼn plaas in die Hertzogville-distrik in die Vrystaat is Dinsdag helderoordag deur sewe gewapende aanvallers op die plaas oorval.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê die boer, Leonard Roberts (45), was nie tuis toe die aanval plaasgevind het nie. Drie werkers was egter op die plaas doenig toe die sewe aanvallers hulle oorval en vuurwapens op hulle gerig het.

“Twee van die plaaswerkers is met hul skoenveters vasgebind, maar die derde werker kon daarin slaag om weg te hardloop,” sê Thakeng. “Die aanvallers het deur ʼn venster toegang tot die plaashuis verkry en ʼn 9 mm‑pistool uit die kluis gesteel. Hulle het daarna te voet op die vlug geslaan.”

ʼn Saak van gewapende roof word ondersoek.

Thakeng het die publiek versoek om na vore te kom met enige inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan. Inligting kan by speurder Joseph Matshediso by 072 138 0176 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Nika ·

ek kan dieselfde vraag vra! Dat mense teen die tyd nog wapens in n kluis bêre. Vind vir jou n ander plek om wapens te stoor waar niemand dit gaan kry nie of voor soek nie.

sweis ·

Ek stem saam verkoop jou wapen eerder en plak n teiken teen jou voorkop as jy hom in die kluis bere vir die kriminele,nou gaan hulle jou wapen gebruik om jou medemense leed aan te doen.

Skipskop ·

Baie van ons besit meer as 1 pistool. Selfverdediging en sportskiet. Ek weet ons bly in die wilde weste, maar dit is onprakties om al twee te dra soos die cowboys!

Magda ·

As ons dorp toe gaan moet die wapen ook in die kluis bly. Mens kan nie by die bank ingaan nie, ons is al by besoektyd by die hospitaal ook voorgekeer. My man moes teruggaan en in die kar gaan wag terwyl ek alleen in is. Die alternatief was om die wapen by die sekuriteitswag te los wat hom dan in ‘n kluis sou bêre. Ons wou nie die kans waag nie.

IBENE DU PREEZ ·

Indien jy ‘n vuurwapen vir noodweer / selfverdediging wil besit, hoort hy te alle tye naby jou regterhand (as jy regs is). Indien nie, raak ontslae daarvan sodat dit nie teen jou en ander misbruik word nie.

Inside ·

Inside job daarom die werkers niks oorgekom. Deel altyd in die buit.

jakes ·

Die aanvallers het natuurlik gevlug die bosse in, wat hul natuurlike habitat is. Vuurwapens op mense rig, klippe gooi en brandstigting is algemen kenmerke van hierdie spesie.

Grace ·

Hoekom is hierdie nuus nie oral op radio, tv en ander nuus blaaie te sien nie.

Jan ·

Inside job.hulle het geweet die boer is weg en hulle het ook geweet van die vuurwapen in die kluis.hulle moes per motor opgedaag hoe anders loop jy na n plaas in die vrystaat..

P ·

Lafaards kan nie een,een kom nie altyd meer as 1 want hy weet hy gaan sleg 2de kom

Haan ·

“die kluis”… Ook bekend as: die wapenwinkel vir plaasaanvallers! Hemel tog asseblief hou die wapen(s) uit die kluis uit… Aan jou sy hoort een, die res kan elders gestoor word (soos bv die wapenwinkel)

Schalk ·

Daar moet n wet kom met die woord betreding wat eienaar regverdig om op te tree teen betreders dan sal die bollie stop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.