Sewe beamptes beseer toe hysbak by polisiestasie val

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Sewe beamptes is Woensdagmiddag beseer toe ʼn hysbak vier verdiepings ver by ʼn polisiestasie in Port-Elizabeth geval het.

Die voorval het by die hoofgebou van die Mount Road-polisiestasie plaasgevind en beamptes van die plaaslike misdaadrekordsentrum en misdaadintelligensie-eenheid was in die hysbak vasgekeer nadat dit geval het.

Nooddienste was op die toneel en reddingswerkers kon die deur suksesvol oopmaak.

Na wat verneem word, het die beamptes verskeie beserings opgedoen, waaronder beenbreuke en hoofbeserings, terwyl ander behandeling vir skok moes ontvang.

Die hysbak het verlede week glo probleme gegee en beamptes kon nie by hul kantore of woonkwartiere uitkom nie. Die onklaar hysbak is glo oor die naweek herstel.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het Woensdag se voorval bevestig. “Ses vroue en een man is op die toneel gestabiliseer en na die St. Georges-hospitaal geneem vir behandeling.”

Die departement van openbare werke is van die voorval ingelig om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Theresa B ·

Dit kry jy as daar nie aandag aan instandhouding gegee word nie. Maar geld word elders bestee aan gemors en onbenullighede.

Joe ·

Polisie kommissaris het nou aansoek gedoen dat die polisie ‘n 6 dag werks week kry, hulle kry glo nie uitgerus in 5 dae nie ?

Johann ·

Ja dit is ongelukkig so, dat ons glo nie meer in instandhouding nie, ‘n ding moet maar eers breek alvorens iemand sal wakker skrik

Wouter ·

Hulle kon nie by hulle werk plekke uitkom nie? Is daar dan nie trappe nie of is hulle te duk om trappe te klim?

Carl Jordaan ·

Skrikwekkend. Hysbakke het veiligheidsmagenismes om dit te vermy, tensy die meganisme ontkoppel is omdat dit problematies was. Die mense wat vir die hysbak se instandhouding verantwoordelik is, kan dalk ernstige aanklagte in die gesig staar.

dom ·

Jong ja . Jy het my voorgespring… as n mens so kyk na vandag se beamptes is almal oorgewig. Hoeveel polisie beamptes vat dit om n hysbak te laat val… net 4 ?

Janee ·

Oor die naweek herstel, hahaha jip wanneer niemand toesig hou nie, seker die betaling gevat en gedeel tussen julle.

Vra maar net ·

Wat van nooddiens en reddingwerkers wat daar was en die deur suksesvol oopgekry het se hulp inkry om sake suksesvol te help oplos. En miskien het die misdaadstatistiek een afdeling by gekry. Deurbrake 1.

Skim ·

MAINTENANCE OFTEWEL ONDERHOUD is nie groot deesdae meer nie. Alles word gebruik totdat dit uitmekaar uit val of breek of lewens kos. Jammer maar daar word nie genoeg geld spandeer aan onderhoud/instandhouding nie, mense dink mos iets moet 20 jaar hou sonder om vervang of onderhou te word. Dit is maar net die gevolge daarvan. Dit is oral in SA te sien, kyk maar na die paaie ook.

jennefer ·

ons dorpie se elektriese netwerk, elke maand blaas iets op, Die regering behoort geld te voorsien vir opgradering aangesien die ANC stadsraad alles verkwis het die laaste 20 jaar.

Scalla ·

Onderhoud en instandhouding is nie deel van hul werkswyse nie, elke hysbak het n maksimum toelaatbare massa wat dit kan hanteer, 7 klink vir my nie reg nie, 6 daarvan was groot tannies, deur die trappe te gebruik sou nie so n slegte idee gewees het nie.

Theresa ·

NOU praat jy!!! Niemand lees seker die bordjie in ‘n hysbak waar die gewig wat dit kan hanteer aangegee word nie! En as dit iets sou voorskryf, sal dit met opsien as bog afgemaak word… Wow!

Gerald ·

Dis oor die ober size cops nie oefening in kry ni, haal die lift uit dat hul kan oefening in kry en langer gesond bly

Anton ·

7 SAPS beamptes beseer hoogs waarskynlik agv Dept Openbare Werke se swak dienslewering en die meeste mense wie kommentaar lewer maak grappe oor die SAPD lede? Veralgemening. Ken jul die lede wie in die hysbak was?

Uvonka ·

Wat werk in die land? Nie SASSA nie, ook nie PRASA nie, dakke val in by hospitale en hysbakke val by polisiestasies. Nou wat nou?

pieterdp ·

Staads geboue met huisbake!
Klim liewer trape dis vuiliger.!!!!!

Henk ·

Weens ‘n wettelose staat met ‘n klomp bendeleiers aan die hoof daarvan en korrupsie hul hoof kwalifikasie, word NIKS deur die staat onderhou nie. Tydens ‘n vergadering met Transnet oor hulle heinings wat nie bestaan nie, reken die area bestuurder dat daar nie geld is vir instandhouding nie, en dat sou daar ‘n probleem met spore wees, die drywers instruksie kry om stadiger te ry!!!??

Johanna Botha ·

Moontlik was die hysbak oorlaai …kyk nog uit vir n maer polisiebeampte …maar niks

AL ·

Was seker n SEB maatskappy wie die werk gedoen het en die Staat n stywe rekening in die hand gestop het vir die power herstelwerk.

Jos ·

Sterkte aan die beseerdes en hul families. Wens julle ‘n spoedige herstel toe.

Afrikaanse Knaap ·

Dis omdat die instandhouer die BEE’ste verskaffer is en nie die beste nie.
Persoonlik dink ek die regering moet BEE en Affirmative Action afskaf in sektore waar mense se lewens verloor kan word.

JoeV ·

Die hoeveelheid foute wat daar op ‘n hysbak moet wees vir dit om te val kan mens nie op so blad beskryf nie. Daar is ten minste vier ‘remme’ wat in werking tree as dit te vinnig beweeg. Daar moes groot fout gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.