Sewe beroof PTA-drankwinkel

Argieffoto.

Argieffoto.

Sewe mans het Sondag by ʼn drankwinkel by ʼn winkelsentrum in Mayville, Pretoria, ingebreek en ʼn groot hoeveelheid drank gesteel.

“Drie veiligheidswagte was aan diens by die winkelsentrum toe een van die verdagtes, wat met ʼn vuurwape

n gewapen was, hulle aangeval het. Hy het hulle in ʼn Mazda-sedan ingedwing en aangehou,” het kapt. Bonginkosi Msimango, polisiewoordvoerder, gesê.

Die groep het glo ʼn ingang by die sentrum oopgebreek en Checkers LiqourShop geplunder.

“ʼn Groot hoeveelheid drank is gebuit en in ʼn silwer Corsa-bakkie gelaai met die registrasienommer DD 76 TB GP.”

Hulle het die veiligheidswagte ná die voorval by die agterkant van die sentrum afgelaai en van die toneel gevlug.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hendrik ·

Makro was nog nie oop nie en hulle kon nie wag nie. Hulle probeer maar net vooraad kry vir hulle winkels. Meeste van die ware wat gesteel word in die woonbuurte word verkoop in township winkels. Dit is ook algemeen bekend onder township inwoners dat daar onwettige bedrywighede is. Die blinde oog word net gegooi omdat dit tot voordeel i.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.