Sewe beseer in Braamfontein-skietery

[OPVOLG] Lees die opvolgberig hier.

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Sewe mense is Woensdag beseer ná ʼn skietery buite ʼn woonstelblok in Braamfontein in Johannesburg.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 12:15 by die toneel in Kerkstraat opgedaag. Volgens Meiring was die polisie reeds op die toneel.

“Ons het een vrou en ses mans aangetref wat buite die woonstelblok gelê het. Twee van die mense was in ʼn kritieke toestand,” het Meiring gesê.

Die ander vyf het geringe tot ernstige beserings opgedoen. Dit is nog nie duidelik wat die aard van hul beserings is nie.

Die beseerdes is op die toneel behandel en na nabygeleë hospitale gehaas vir mediese behandeling.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, provinsiale woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig, maar gesê hy sal later meer inligting bekendmaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.