Sewe beseer in busongeluk

Foto: Rescue Care

Sewe persone is Saterdagoggend beseer toe die bestuurder beheer verloor het oor die voertuig op die N3 in die rigting van Durban, net ná die Paradise Valley-wisselaar.

Paramedici van Rescue Care is net ná 05:00 na die toneel ontbied. “Die bus het oor die middel van die snelweg gery en het in die vinnige baan van die aankomende verkeer beland,” het Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, in ʼn verklaring gesê. “Die bus het gelukkig nie omgeslaan nie.”

Altesaam sewe persone het geringe beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voor hulle na verskeie hospitale in Durban geneem is vir verdere behandeling.

Dit is nog nie in hierdie stadium duidelik wat daartoe gelei het dat die busbestuurder beheer oor die voertuig verloor het nie. Owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wonder-maar-net. ·

Al gehoor van ‘n loods wat beheer verloor het oor ‘n vliegtuig? Kom ons sê ‘ja’. Vergelyk nou die aantal vlugte met dié van busse en maak jou eie gevolgtrekking. Gaan kyk by ‘Flight Radar’ na die byenes van vliegtuie oor Europa en Amerika as voorbeeld. Daar word ook gesê dat sou hierdie vliegtuie om die aardbol almal tegelykertyd moet gaan sit dit nie sal kan plaasvind. Ons is dus terug met busongelukke by opleiding en padwaardigheid. Ek wil vroeg aanstaande jaar my R5000 uithaal en vir ‘n gevorderde bestuurtoets gaan op Zwartkops wat aangebied word deur BMW. Dalk, wie weet. is daar tog na my 57 jaar ongeluksvrye rekord iets wat ek kan leer. . .

Chris Ws ·

Dit lyk vir my die bubestuurder het aan die slaap geraak of hy was besig om te Whatsapp en toe val sy foon uit sy hand uit en hy buk om hom in die hande te kry?Wonder of die waarheid ooit sal uitkom.
Die feit van die saak is die’ busbestuurder se manewales kon baie onskuldige mense hul lewens gekos het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.