Sewe persone is Maandagoggend beseer toe ʼn brand by ʼn gebou in Erasmia in Gauteng uitgebreek het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 11:00 by die toneel opgedaag. Die provinsiale brandweer was reeds besig op die toneel.
“Twee persone het kritieke brandwonde opgedoen en vyf persone het geringe tot matige beserings opgedoen,” het Meiring gesê. Hulle is na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.
Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het gesê werknemers was besig met instandhoudingswerk toe die dak aan die brand geslaan het. “Daar was personeellede in die gebou toe die brand uitgebreek het,” het Moloto verduidelik.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Owerhede stel verder ondersoek in.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Maak net die onderskrif reg by die eerste foto.