Sewe beseer toe brand by gebou uitbreek

Erasmia (Foto verskaf deur SAPD)

Sewe persone is Maandagoggend beseer toe ʼn brand by ʼn gebou in Erasmia in Gauteng uitgebreek het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 11:00 by die toneel opgedaag. Die provinsiale brandweer was reeds besig op die toneel.

“Twee persone het kritieke brandwonde opgedoen en vyf persone het geringe tot matige beserings opgedoen,” het Meiring gesê. Hulle is na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het gesê werknemers was besig met instandhoudingswerk toe die dak aan die brand geslaan het. “Daar was personeellede in die gebou toe die brand uitgebreek het,” het Moloto verduidelik.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Owerhede stel verder ondersoek in.

Foto verskaf deur ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tania Heyns ·

Dagsê Peet

Dankie vir jou boodskap. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die onderskrif is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.