Sewe beseer toe bussie koedoe op snelweg tref

Argieffoto: skeeze, Pixabay

Argieffoto: skeeze, Pixabay

Sewe mense is Vrydagmiddag beseer nadat ʼn bussie ʼn koedoe op die N4-snelweg naby Balmoral in Mpumalanga getref het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die bestuurder van die minibustaxi het glo nie die koedoe in die pad gesien nie en dit getref. Die bussie het ʼn paar meter verder aan die kant van die pad tot stilstand gekom.

“Sewe van die 14 insittendes van die bussie het geringe en matige beserings opgedoen. Gelukkig is niemand ernstig beseer nie,” het Meiring gesê.

Die beseerdes is na die Witbank-hospitaal geneem vir behandeling en waarneming. Die koedoe het nie die botsing oorleef nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Vra maar net ·

Minister so bekommerd oor terftes op paaie maar padveiligheid begin nie vanneer jy jou bestuurslisinsie bekom het nie maar ‘n voordurende prosses.
Beelangrik dat bestuurder hulle oë op gereëlde grondslag toets.
Besruurder sê hy het nie die koedoe gesien nie.
Sterkte aan alle breseerdes.

Joann ·

Ek bly in karoo waar koedoes volop is. Mens ry altyd versigtig jou oe moet oral kyk

KarooKlong ·

En jy hou by die spoedgrens. Kyk uit vir waarskuwingsborde wat jou waarsku oor Koedoes.

Penellope Jones ·

Hoe is dit dat wilde diere op die snelweg rondloop?? Is daar dan nie omheinings wat hulle binne hou weg van van die paaie af nie?

Gert Stoltz ·

Daar was dalk heinings!!!Vra my dit word daagliks gesteel!!Miskien vir SANRAL vra??

Tiger ·

Pennelope Jones ,weet jy hoe hoog spring ‘n koedoe?Hoe klink 3 meter vir jou?Dis alom bekend dat ‘n koedoe nie maklik op een plaas gehou kan word nie want hy spring oor die wildheinings en die heinings langs die snelwee is maar 1.2 meter hoog.Ek hoop dit beantwoord jou vraag?

Penellope Jones ·

Hoe is dit dat wilde diere op ‘n snelweg rondloop??

Gert ·

Penellope, die heining is dalk gestroop vir skroot en koedoe spring oor heinings dis hoekom padtekens met koedoe op mens waarsku!!!

Gert ·

Daar word baie meer mense raak of doodgery op paaie.En dis mense !!!Koedoe is nogal duur om te jag en hy het seker nie daar bly le nie.Vra maar net?

Tiger ·

Michael versigtig nou, my man is totaal geblok van kommentaar lewer op enige iets agv dieselfde wat hy hier gese het!Maar die gevoel by ons is eenders!

wiebo ·

Ek ry snelweg van Cullinan/Rayton afrit na Pretoria toe, en elke oggend is daar diere wat deur die nag doodgery word wat op die snelweg le. Vanoggend was daar weer 6 dooie diere. Daar is draad aan weerskante van die snelweg, maar lyk my die diere kom maar deur die draad. Dit is maar n ding wat gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.