Sewe beseer tydens TUT-betogings

Betogings by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (Oktober 2015) Foto: @artindira/Twitter

Betogings by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (Oktober 2015) Foto: @artindira/Twitter

Die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) het ʼn gewelddadige opstootjie Dinsdagoggend voor die hoofhek van sy Pretoria-Wes-kampus, ten sterkste veroordeel.

“Sewe persone is beseer toe ʼn onderonsie uitgebreek het onder ʼn groep werkers wat betoog oor die #OutsourcingMustFall-veldtog,” het Willa de Ruyter, woordvoerder van die universiteit, gesê. “Die persone is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens en TUT-kampusveiligheidsdienste het die situasie onder beheer gebring. “Aktiwiteit by die kampus in Pretoria-Wes duur voort soos normaalweg,” het De Ruyter bygevoeg.

Aktiwiteit by TUT se twee Soshanguve-kampusse bly Woensdag opgeskort ná studentebetogings op 29 Februarie hervat het. “Die veiligheid van die TUT-gemeenskap op hierdie kampusse en openbare eiendom moet ten alle tye in gedagte gehou word,” het sy gesê. “Ons monitor deurgaans die situasie en sal na verwagting [vandag] ʼn aankondiging maak wanneer bedrywighede sal hervat.”

TUT se eMalahleni (Witbank)-kampus bly gesluit tot verdere kennisgewing ná betogings oor studentebehuising. “Die saak ontvang dringende aandag,” het De Ruyter verduidelik. “Dit is ʼn saak van dringendheid vir TUT-bestuur dat bedrywighede by die onderskeie kampusse so gou as moontlik moet hervat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

GES ·

Dit word net elke dag meer duidelik dat daar meer privaat tersiêre instansies benodig word. Dit blyk dat dit die enigste oplossing vir al die oproer is. Akademia opskud asb. dit kan nie so aangaan nie.

Meraai ·

Hulle betoog oor studentebehuising? Ha! Hulle brand dan af! Moet ons dan nou wraggies vir hulle ‘n Nkandla by elke kampus bou om hulle tevrede te stel?
Net doodsnaaks dat alles “#MUST FALL”, en niks “#WE STAND FOR” of “#WE’VE ACCOMPLISHED”, nie…..

Sputnik ·

“#we’ve accomplished” beteken “effort”/moeite – en dit verg energie en breinkrag. Daar’s maar min daarvan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.