Bronwen Dyke, woordvoerder van die Golden Arrow-busmaatskappy, het gesê betogers by die Nyanga-busterminus het Maandagoggend omstreeks 06:00 twee van die busbestuurders uit die busse gepluk en die voertuie aan die brand gesteek.
Dyke het gesê die betogers het na Govan Mbekiweg beweeg waar hulle vier busbestuurders aangerand het. Hulle busse is ook aan die brand gesteek.
Die betogers het glo ook nog vier busse beskadig, maar is gekeer voor hulle die busse aan die brand kon steek. Volgens Dyke is nog ʼn busbestuurder daar naby aangerand en sy bus is ook aan die brand gesteek.
Dyke het gesê die vermoede bestaan dat die betogers dalk taxibestuurders kan wees. Sy sê dit is tans onmoontlik om busdienste in Nyanga te bedryf. Daar is wel busdienste vanaf Borchards Quarry en die Manenberg-polisiestasie.
Kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê die onlustepolisie en brandweer is op die toneel. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.
Breinlose idiote. Waarom skade aanrig as jy nie tevrede is met ‘n saak nie? Wys jou, dit gaan nog baie lank vat om die barbare op te voed. As dit enigsins moontlik is.
Môre betoog hulle nou weer omdat daar nie busse is nie.
Barbare. Kan net afbreek. En dan weer ‘demand’. Nimmereindige storie.