Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het gesê ondersoeke na bewerings van bedrog en wangedrag is by vier provinsiale hospitale in die provinsie gedoen. By die Tembisa-hospitaal in Ekurhuleni is ʼn apteek-assistent en werker van die wassery afgedank nadat hulle verlede jaar 172 bokse met medikasie ter waarde van R36 000 gesteel het.
Qedani Mahlangu, Gauteng LUR van gesondheid, het gesê die werkers was gedryf deur gierigheid. “Die werknemers het ook in sommige gevalle wanvoorstellings gegee van oortydwerk en op so ’n manier van hul werkgewer gesteel,” het Mahlangu gesê.
“Hoe kan jy die logika verduidelik van ʼn apteker-assistent wat die medisyne steel wat hy eintlik moet bewaar? Daar sal baie streng opgetree word teen enigiemand wat die reëls oortree,” het Mahlangu gesê.
By die Bheki Mlangeni-distrikshospitaal in Soweto is vier gesondheidswerkers afgedank omdat hulle dokumente vervals het om poste te kry waarvoor hulle nie eens aansoek gedoen het nie. By die George Mukhari-hospitaal in Pretoria is ʼn administrasieklerk afgedank nadat sy ʼn ander werknemer vir oortydwerk betaal het sonder om die vasgestelde stappe en werkwyse te volg.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
7? Net 7? Maar dan is dit ook verkiesings jaar en skielik is daar al wat wou se openbare “optrede” en “kommentare” om te poog om n beeld te skep wat wel…hoe sê mens dit sonder om ras spesifiek of onspesifiek of raaserig en rasserig te wees…???? ‘n beeld te “skep” anders as die een wat jou prontuit in die gesig staar wanneer jy blootgestel word aan die “funksionaliteit” en ATTITUDE van Staats Hospitale. My vraag is: en wat van die wie se blatante miskenning van hulle verandwoordelikheid as versorgers lei tot die “steel” van basiese verpleging…versorging…? Hoeveel mense se… Lees meer »
Net 7 wat ‘n grap dit is nie eers die puntjie van die seekoei se oortjie nie 7000 dan het ek gesê hulle vat nou die klomp vas en pasiënte kan beter diens verwag in staatshospitale. ….Solidariteit wanneer bou julle ‘n ordentlike hospitaal waar ons mense weer gesond kan word
Steve Biko se sekuriteitspersoneel blatant en dink die Hospitaal behoort aan hulle. Wys jou weg en kafeteria verloor kliënte want laat jou nie toe om “voor besoek tyd ” in te gaan om daar te sit en eet.
Joe kan nie vetrou nie
hierdie gewone mense nie belangrik afgedank omdat hulle nie eerlik was nie maar zuma die belangrik moet ook afgedank maar hy was ook nie eerlik was nie.