Sewe by Gauteng-staatshospitale afgedank

Argieffoto: http://www.jameschesley.com/

Argieffoto: http://www.jameschesley.com/

Sewe werkers van staatshospitale in Gauteng is afgedank nadat hulle onderskeidelik medikasie ter waarde van duisende rande gesteel en onregmatige oortydeise ingedien het, het die provinsiale departement van gesondheid Dinsdag gesê.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het gesê ondersoeke na bewerings van bedrog en wangedrag is by vier provinsiale hospitale in die provinsie gedoen. By die Tembisa-hospitaal in Ekurhuleni is ʼn apteek-assistent en werker van die wassery afgedank nadat hulle verlede jaar 172 bokse met medikasie ter waarde van R36 000 gesteel het.

Qedani Mahlangu, Gauteng LUR van gesondheid, het gesê die werkers was gedryf deur gierigheid. “Die werknemers het ook in sommige gevalle wanvoorstellings gegee van oortydwerk en op so ’n manier van hul werkgewer gesteel,” het Mahlangu gesê.

“Hoe kan jy die logika verduidelik van ʼn apteker-assistent wat die medisyne steel wat hy eintlik moet bewaar? Daar sal baie streng opgetree word teen enigiemand wat die reëls oortree,” het Mahlangu gesê.

By die Bheki Mlangeni-distrikshospitaal in Soweto is vier gesondheidswerkers afgedank omdat hulle dokumente vervals het om poste te kry waarvoor hulle nie eens aansoek gedoen het nie. By die George Mukhari-hospitaal in Pretoria is ʼn administrasieklerk afgedank nadat sy ʼn ander werknemer vir oortydwerk betaal het sonder om die vasgestelde stappe en werkwyse te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johann ·

7? Net 7? Maar dan is dit ook verkiesings jaar en skielik is daar al wat wou se openbare “optrede” en “kommentare” om te poog om n beeld te skep wat wel…hoe sê mens dit sonder om ras spesifiek of onspesifiek of raaserig en rasserig te wees…???? ‘n beeld te “skep” anders as die een wat jou prontuit in die gesig staar wanneer jy blootgestel word aan die “funksionaliteit” en ATTITUDE van Staats Hospitale. My vraag is: en wat van die wie se blatante miskenning van hulle verandwoordelikheid as versorgers lei tot die “steel” van basiese verpleging…versorging…? Hoeveel mense se gesondheid en lewens is en word steeds gesteel deur diensulke “mense”?

Grap ·

Net 7 wat ‘n grap dit is nie eers die puntjie van die seekoei se oortjie nie 7000 dan het ek gesê hulle vat nou die klomp vas en pasiënte kan beter diens verwag in staatshospitale. ….Solidariteit wanneer bou julle ‘n ordentlike hospitaal waar ons mense weer gesond kan word

Maria ·

Steve Biko se sekuriteitspersoneel blatant en dink die Hospitaal behoort aan hulle. Wys jou weg en kafeteria verloor kliënte want laat jou nie toe om “voor besoek tyd ” in te gaan om daar te sit en eet.

TREVOR ·

hierdie gewone mense nie belangrik afgedank omdat hulle nie eerlik was nie maar zuma die belangrik moet ook afgedank maar hy was ook nie eerlik was nie.

Berhalet Beukes ·

Wat van die personeellede wat in kouse en pantoffels aan diens is? Wat van die personeellede wat versuim om hulpelose mense skoon te maak, warm toe te gooi? Wat van personeellede wat blatant weier om van hulle alies op te staan en hulle pligte te doen? Asseblief… Sewe is nie eens ‘n druppel in daardie emmer nie!

Joann ·

Ag wat n vermors van tyd. Oral word gesteel en niks word daaraan gedoen nie. Versorging is uiters swak,selfs by sommige ouetehuise word bejaardes baie sleg behandel.

Elizabeth Moller ·

Maria ek wil net sê dit is nie al die sekuriteitsmense nie Ek kom baie by Steve Biko en was selfs al die afgelope tyd Pasient daar en kan net getuik van die goeie diens wat ek gekry het in die sale ook Besoek nou n vriend daar en hy kan ooknie kla oor die diens nie Securiteit het ons nou al paar keer toegelaat om te gaan koffie drink voor besoektyd sonder probleme Ek noem dit net sodat ander mense ook kan sien Steve Biko is nie so swak as wat deur mense voorgehou word nie Ja ek stem daar sal hier en daar probleme voorkom wat ook by privaathospitale voorkom Hier in Pretoria is ook paar Privaathospitale wat se diens ook baie verswak het en mense wat sê die hospitale sien hulle nie weer

Alfrieda ·

Baie swak diens ontvang van Sasolburg se staads hosiptaal. Waar kla ‘n mens? My mede werker is raak gery deur ‘n persoon vat weg gejaag het. Ons het hom toe self hospitaal toe geneem. Hy het daar gesit en gewag vanaf 6:45 die oggend tot en middag 5uur toe. Hy moes die volgende oggend terug gekom het. Nadat hy ‘n gat in die wang gehad het, ‘n gat bo sy linker oog gehad het, en nie ‘n vel op sy skouer of sy rug gehad het nie. Hy het gekla van kopseer,en hy kry baie koud. Toe was toe weer terug by die hospitaal gewees, die suster het vir my gese die hospitaal het nie kombers nie, en die dokter is nog besig met “gister se mense”. So wat nou?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.