Sewe by munisipaliteit afgedank oor tenderbedrog

Rustenburg

Rustenburg-munisipaliteit in Noordwes het sewe werknemers afgedank in verband met die onreëlmatige toekenning van tenders.

“Die werknemers was lede van die bodevaluasiekomitee wat sentraal is tot die aanskaffingsproses, spesifiek die aanstelling van diensverskaffers,” het David Magae, woordvoerder van die munisipaliteit, Dinsdag gesê. Die komitee is ook verantwoordelik om seker te maak die munisipaliteit voldoen aan die betrokke wetgewing en betrokke beleide wanneer ʼn kontrak toegeken word.

Hy het gesê die munisipaliteit het ʼn onafhanklike forensiese ondersoek van stapel gestuur om te bepaal hoe kontrakte aan diensverskaffers toegestaan is en of die betrokke prosesse en beleide gevolg is.

“Rustenburg- plaaslike munisipaliteit as ʼn werkgewer het nie ʼn aktiewe rol buiten om die die betrokke inligting en die betrokke kontrak aan die forensiese ondersoekbeamptes te verskaf nie. Dit is in die munisipaliteit se belang om dié stappe te doen om staatsgeld en die infrastruktuur wat die instansie namens die gemeenskap van Rustenburg administreer, te beskerm.”

Daar word ondersoek ingestel oor tenders vir elektrisiteit- en watermeters en die masligtender in Mosenthal/Ikageng Phase 2, Kanana Phase 2, Maumong Phase 2, Thabaneng Phase 2, Rasimone Phase 2 en Robega Phase 2.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Manie ·

Wat van oranje pakkies vir die ANC skelms. Afdank beteken niks. Húlle hoort in die tronk te wees

Hansie Slim ·

Afdanking is slegs ‘n geleentheid om strewige aftreepakkete te onderhandel…asof hulle nie al genoeg geskep het nie!!
Stem saam Manie… tronk toe met hulle… maar dit sal nooit gebeur nie!!

Antonie Botes ·

As die mense wat hierdie tenderbedrog pleeg en enige tips van kriminaliteit net kan besef dat in plaas van dit doen eerlik wees en reg werk dan kan hierdie land weer sterk word, oops, jammer dit is wensdenkery, hulle kan nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.