Sewe dae van rou vir vloedslagoffers

Vloedskade in Durban (25 April 2019) (Foto: Leon Lestrade/African News Agency/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag sewe dae van nasionale rou aangekondig vir die persone wat in vloede in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap omgekom het.

Ramaphosa het opdrag gegee dat die vlag van 1 Mei tot 7 Mei halfstok moet hang by elke stasie in die land as ʼn teken van respek en die rouperiode.

“Pres. Ramaphosa het die vloedgeteisterde gebiede besoek en inwoners verseker dat die regering hulle sal bystaan in die reddingspoging. Hy verwelkom die ondersteuning wat die res van die land reeds aan die slagoffers gebied het,” het sy kantoor in ʼn verklaring gesê.

Hy het ook sy dank uitgespreek vir die boodskappe van ondersteuning van regerings oor die wêreld heen.

Willies Mchunu, premier van KwaZulu-Natal, het Donderdag as ʼn provinsiale dag van rou en gebed aangekondig. Hy het gesê die dodetal het tot 69 gestyg nadat nog liggame gevind is. Vloedskade in die provinsie beloop meer as R1 miljard.

Die Oos-Kaapse regering het Woensdag bevestig elf persone is dood en twee word nog vermis as gevolg van onlangse vloede in dié provinsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Bossie ·

My innige simpatie aan elke vloedslagoffer se familie. Mag God jul bystaan in hierdie tyd van rou.

Geagte meneer die President

Jy kan jou vlag vir EWIG laat halfstok hang vir AL die mense in hierdie land wat sedert die ANC se bewind vermoor is. Sewe miljoen jaar is te min om in rou gedompel te wees vir wat jul behaal het in ‘n pragtige land soos SA. Die riviere se water is te min vir al die bloed wat al hier gevloei het. Waar is die regering se simpatie hiermee….

Susan ·

Belaglik mnr die president, waarom het die land se vlag nie halfmas gehang toe my kind ook ‘n statistiek word van ‘n onbevoegde trokdrywer wat 4 lewens geneem het nie. Smeer bietjie jam aan dai bekkie van jou, dan praat ons weer.

@ Bossie, jy kon dit nie beter verwoord het nie. Ditto my maat…..

SjN ·

Ek gaan moontlik opgesluit word as ek my ou vlag half mas laat hang in my kroeg.

dr. Sakkie van der Merwe ·

Wie moet die skuld dra vir die plakkershutte wat langs riviere en onder die vloedlyn opgerig word? Die aenc en Cyril.

Jaco ·

waars die 7 dae van rou vir al die boere wat daagliks vermoor word?

marous ·

By elke stasie ? Hierdie man en sy gevolg is al vir 25 jaar op die verkeerde stasie en soos ‘n ou grammefoon plaat wat vashaak ….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.