Sewe mense is dood en nog 11, van wie ses kritiek, beseer ná ʼn botsing op die R74 buite Bergville in KwaZulu-Natal.
Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het omstreeks 19:45 by die toneel opgedaag en gesien daar was ʼn ligte motor, ʼn vragmotor en ʼn taxi betrokke in die voorval.
Volgens Vermaak is ses mense op die toneel dood en het een beseerde op pad na die hospitaal aan beserings beswyk.
Die ses is twee mense in die motor, wat albei gesterf het voor paramedici by die toneel opgedaag het, en vier insittendes van die taxi.
“Die meeste taxi-insittendes is uitgeslinger tydens die ongeluk,” het Vermaak gesê.
Ses oorlewendes is ernstig tot kritiek beseer en vyf ander gering tot matig.
Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na onderskeie hospitale gehaas is vir mediese noodbehandeling.
Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie bekend nie.
Die polisie ondersoek die voorval.
geen kritiek, almal ken die omstandighede as daar ‘n taxi betrokke is
Jip. Hulle ry almal aan die cerkeerde kant van die pad soos die week wyd versprei is op sosiale media.