Sewe dood in 2 gru-ongelukke

Die ongelukstoneel op die N1 buite Beaufort-Wes. (Foto: Verskaf)

Sewe mense is Saterdagaand dood in twee grusame ongelukke op Wes-Kaapse paaie.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, sê vier mense is dood toe ʼn voertuig op die N2 in die rigting van Kaapstad naby die Macassar-brug omgeslaan het. Nooddienste, polisiebeamptes en reddingswerkers was op die toneel.

ʼn Gedeelte van die N2 is tydelik gesluit terwyl owerhede op die toneel besig was.

In ʼn tweede ongeluk kort daarna is nog drie mense dood toe twee vragmotors op die N1 buite Beaufort-Wes reg van voor gebots het. Albei vragmotors het aan die brand geslaan tydens die botsing.

Volgens Africa moes brandbestryders spartel om die vlamme geblus te kry sodat paramedici naby die vragmotors kon kom om die insittendes te hulp te snel. Toe die vlamme uiteindelik geblus is, is die liggame van ʼn man, ʼn vrou en ʼn vierjarige kind in die vragmotors gevind.

Die N1 is vir ʼn wyle in albei rigtings gesluit terwyl die toneel opgeruim is. Die pad is sedertdien weer oopgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

pieter ·

Dis tragies jammer vir lewensverlies ,maar sommige vragmotor bestuurders te roekeloos op ons paaie gister agter 5 vragmotors gery geen volgafstande nie kyk on mekaar verby te gaan string motors was agter hulle kan nie verby gaan nie toe pad dubbeld word toe beweeg hul na albei bane motors nog verder opgehoop agter hulle geen bedagsaamheid nie ,het een gekry wa hy verby ander gaan terwyl voertuie van voor kom gelukkig voertuie beweeg van pad af om ongeluk te vermy ,

Hennie ·

Was die macassar brug ongeluk as gevolg van straat wedren?

Charles ·

Die twee vernaamste oorsake van padongelukke/roekelose bestuur vandag is:
GEEN RESPEK VIR MEKAAR
GEEN RESPEK VIR DIE OWERHEDE

Trisha ·

Charles, ek stem 100% saam met jou. Daar is nie meer respek vir ander padverbruikers en die owerhede nie. Verkeers wetter word net geignoreer.

Carl Geldenhuys ·

Die onpadwaardige voertuie gebruik al vir baie jare die grondpad om die weegbrug noord van Beaufort Wes om dan hulle rit voort te sit en onskuldige mense se lewens in gevaar te stel. Kenny Africa en sy personeel is heeltemal bewus daarvan maar het tot op hede nog niks permanent aan die probleem gedoen.

Heksie ·

Pad van die dood … dis mos hoe dit al jarge bekend staan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.