Sewe dood in botsing reg van voor

Foto: Verskaf

Sewe mense is dood en talle beseer nadat ʼn taxi en ʼn motor Maandagoggend tussen Melkbosstrand en Philadelphia in die Wes-Kaap gebots het.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het gesê die Philadelphia-polisie het omstreeks 07:55 gereageer op ʼn botsing op die M19 tussen ʼn Toyota Quantum-bussie en ʼn Suzuki.

“Met die polisie se aankoms op die toneel was die nooddienste en brandweer reeds besig. Paramedici het sewe mense dood verklaar en 13 mense is na hospitale vervoer.”

Die taxi het glo van Du Noon af gekom en was op pad na Melkbosstrand. “Een van die taxi se bande het gebars waarna dit in aankomende verkeer beland en teen die motor gebots het.”

Volgens Van Wyk is die bestuurder van die motor op die toneel dood verklaar en moes meganiese toerusting gebruik word om liggame uit die wrakstukke te haal.

“Die bestuurder van die taxi is ernstig beseer en na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.”

ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Robert

Nog ‘n onpadwaardige taxi op die pad?

Morne

My hart gaan uit aan die onskuldiges wat met sulke ongeluke sterf. Maar die taxi ry nes soos hulle wil, ry oor rooi ligte, steek ander karre verby waneer hulle dit nie mag doen nie steek soomer karre veby aan die linker kant by die geel strepe. Geduld het hulle nie.

Magda

As die TAxi onpadvaardig is – MOET DIE TAXI EIENAARS ASOOK DIE BESTUURDER VAN MANSLAG AANGEKLA WORD – OF NEE MOORD WANT AS JY WEET JOU VOERTUIG IS NIE REG NIE, MEOT JY NIE MENSE OPLAAI NIE, SO HULLE HET DIT GEDOEN – DIT IS SOOS N OM N MOORD TE BEPLAN VOOR DIT UITGEVOER WORD, SAN MOET HULLE VAN MOORD AANGEKLA WORD.

George

Alweer n taxi betrokke!!!