Sewe dood in gru-ongeluk

Argieffoto

Die polisie in Limpopo ondersoek ’n saak van strafbare manslag nadat sewe mense Sondagaand in ’n ongeluk tussen Musina en Beitbrug omgekom het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê ’n Toyota Fortuner het omstreeks 21:30 teen die kant van ’n vragmotor op die N1 gebots en onder die vragmotor beland. Drie mans, drie vroue en ’n 2-jarige seuntjie het in die voorval omgekom.

Volgens Mojapelo het die vragmotor net die Petros-vragmotorstop verlaat en op die N1 in die rigting van Beitbrug gedraai toe sy sleepwa met die Fortuner gebots het.

Die nooddienste is na die toneel ontbied om die wrak van die motor met sy insittendes onder die vragmotor te bevry. Die motorwrak was onder die vragmotor vasgekeer.

Volgens Mojapelo is die oorledenes nog nie in dié stadium geïdentifiseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ElizeK ·

OMW. Uit berig kan duidelik afgelei word dat die vragmotor voor die fortuner ingedraai het. Hoe gaan familie en vriende aan na so n slagting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.