Sewe dood in Gugulethu-skietery

Sewe mense is in die skietery in Gugulethu dood. (Foto: ANA)

Die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad en ander kenners het Maandag ʼn toneel in Gugulethu in die Wes-Kaap vir leidrade gefynkam waar sewe mense gistermiddag doodgeskiet is.

Nog twee mense is gewond.

“Volgens voorlopige inligting is drie vroue en vier mans, tussen 30 en 40 jaar oud, deur onbekende gewapende mans in NY 78 in Gugulethu doodgeskiet,” het brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Potelwa is besonderhede oor die voorval in hierdie stadium nog vaag.

Die polisie het in ʼn kort verklaring oor die sewe se dood onderneem om later meer besonderhede oor die skietery bekend te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Suzette ·

Dit gaan lekker in hierdie land – die terroriste regeer!!!

Magda ·

Dit is verskriklik – Hemel wie is so onmenslik om so iets te doen. Baie sterkte aan die Families van die oorledenes, en hoop die Moordenaars sal vinnig gevang word.

Tanniepetoors ·

In Oostenryk is dit ‘n terreuraanval, hier by ons skynbaar nie. My hart bloei vir ons land en ons mense.

Wonder ·

En is ook ommerwekend oor die ouderdomme wat die goed doen.
Waarheen gaan Suid-Afrika…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.