Sewe dood in N3-botsing

(Argieffoto: ER24)

Altesaam sewe mense is dood en een persoon is kritiek beseer in ’n botsing tussen ’n vragmotor en twee voertuie.

Die botsing het Sondagaand op die N3 in Harrismith plaasgevind, het Ross Campbell, ER24-woordvoerder, gesê.

ER24 se paramedici het omstreeks 19:20 saam met die provinsiale nooddienste en ander rolspelers op die toneel aangekom waar ’n vragmotor, ’n Pajero en ’n VW Kombi gebots het.

Twee insittendes van die Pajero is deur paramedici van die provinsiale nooddienste op die toneel dood verklaar.

“Vyf mense in die Kombi, almal glo van een gesin, het noodlottige beserings opgedoen en is ook op die toneel dood verklaar.”

Volgens Campbell het die enigste ander insittende in die Kombi, ’n 15-jarige seun, die botsing oorleef. Hy was in die wrak vasgekeer en moes met behulp van meganiese toerusting uit die wrak bevry word. Hy is op die toneel behandel en na ’n hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

Die presiese omstandighede wat tot botsing gelei het, word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mariaan ·

Ai tragies…omtrent n hele gesin uitgewis…hoe verwerk familie dit..en die arme 15jarige seun…dis net te erg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.