Sewe dood in ongeluk met trein

Foto verskaf deur die Kaapstad-metro se verkeersdienste

Sewe mans is dood nadat die bakkie waarmee hulle gereis het deur ’n trein getref is in Kaapstad in die Wes-Kaap.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die botsing het omstreeks 5:45 Vrydagoggend plaasgevind.

Volgens Traut was al die mans glo in hul 30’s en was hulle glo op pad werk toe. Die bakkie het glo op die treinspoor by die Buttskop-spoorkruising in Blackheath vasgeval voor dit deur die trein getref is.

“Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek,” het Traut gesê. Volgens Richard Coleman, woordvoerder vir die Kaapstad-metro se verkeersdienste, is die Buttskop-spoorkruising by Riebeeckweg en Rangeweg gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Veritas ·

Haai nooit. Is Kaapstad in die Wes-Kaap? Wie sou dit kon raai. Maroela lesers is sekerlik bewus daarvan, of hoe?

Nodig? ·

Was dit nou regtig nodig? Nee, jou sarkasme is heeltemal ongevraagd.

rollie ·

En as die bakkie vasgeval het op ‘n stadium toe die trein amper op hulle is? Dit was ook donker.

Liezl ·

Dis nou donker 5:45 hier in die Kaap jong. En meeste mense kan ook nie afstand en spoed skat nie. Maar ek sou sê hol as jy vasval op ‘n treinspoor

J Swart ·

Stoptekens waarsku ons mense on NIE stil te hou nie. Dit sien ons honderde kere per dag. Stoptekens = toegeetekens. Hoe meer botsings hoe gouer kan stoptekens verander word na toegeetekens. Die skuldiges is die bestuutders , nie die treine nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.