Sewe dood; tientalle beseer in ongeluk op N6

(Foto: Twitter/TrafficSA)

Minstens sewe mense is dood en tientalle beseer toe ʼn vragmotor en ʼn bus Vrydagoggend op die N6 tussen Rouxville en Smithfield in die Vrystaat reg van voor gebots het.

Sipho Towa, woordvoerder van die Vrystaatse nooddienste, sê noodpersoneel is omstreeks 04:00 na die toneel ontbied.

Die ongeluk het ongeveer 27 km buite Smithfield in die rigting van Bloemfontein plaasgevind.

Volgens Towa is sewe passasiers by die aankoms van paramedici op die toneel dood verklaar.

“Een persoon is kritiek beseer, ses het matige beserings opgedoen en 36 het ligte beserings opgedoen.”

Al die beseerdes is na die Smithfield-hospitaal vir mediese behandeling geneem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.