Sewe familielede sterf in ongeluk

Foto: ANA

Sewe mense het Sondag in ʼn padongeluk op die R503 tussen Mahikeng en Lichtenburg in Noordwes gesterf.

Mpho Motlhabane, LUR vir gemeenskapsveiligheid en vervoer in die provinsie, het Maandag gesê die ongeluk het plaasgevind in ʼn tyd toe verkeer op die land se paaie begin afneem het. “Dit is ongelooflik dat net toe ons dink ons het die rowwe seisoen van aaklige ongelukke oorleef, moet ons hierdie tragedie ervaar – dit is pynlik en onverstaanbaar,” het Motlhabane gesê.

Die ongeluk het gebeur toe ʼn minibus-taxi vol familielede van ʼn familiebyeenkoms in Mahikeng gekom het. Die taxi het glo ongeveer 10 km buite Lichtenburg ʼn ratel getref en die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor.

“Sewe vroue, onder wie ʼn 11-jarige meisie, is op die toneel deur paramedici dood verklaar. Die ouderdom van die oorledenes wissel van 11 tot 50 jaar. Intussen is nog sewe passasiers, onder wie ʼn sesjarige seun, na die Generaal De La Rey-hospitaal geneem waar hulle vir skok en geringe beserings behandel is,” het Motlhabane gesê.

Hy het die beseerdes in die hospitaal besoek en sy medelye met hulle en ander naasbestaandes van die oorledenes uitgespreek. “Ons hoop dat hulle krag sal kry om hierdie tragedie te verwerk,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ai ·

Dit wil se daar was altesaam 19 passasiers in die taxi as ek die bestuurder ook inreken, of is ek vekeerd? Ek is nie seker wat die limiet is nie?

AP ·

14 mense, kan die bussie soveel passasiers neem? Baie tragies.

WETSTOEPASSING ·

MINBIUSTAXI .. al wat ek seker mag sê sonder om geblok te word.

G ·

Simpatie met die oorledenes se familie wat agterbly. Maar hoekom word daar net altyd besoek afgelê aan sekeres? Wat van al die boere wat gemartel en vir die dood agtergelaat word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.