Sewe gedood deur weerlig in KZN

Argieffoto

Argieffoto

Sewe mense is dood en vier ernstig beseer nadat hulle Saterdag deur weerlig getref is in KwaZulu-Natal.

Lennox Mabaso, woordvoerder van die provinsiale departement van samewerkende regering, het gesê die oorledenes het aan ʼn tradisionele seremonie in KwaNongoma deelgeneem toe hulle deur die weerlig getref is. “Voorlopige verslae dui daarop dat hulle in een van die huise was toe ‘n weerligstraal getref het.”

Die provinsiale nooddienste is na die toneel ontbied. Die vier beseerdes is na nabygeleë hospitale geneem vir behandeling. Die voorval kom nadat ses mense twee weke gelede in Colenso en Paulpietersburg deur weerlig doodgeslaan is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

scalla ·

Sou die regering nie weerlig ondersoek het nie, wat het van die verslag geword, is dit al bekend gemaak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.